TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Quinn kry meer as wat sy verwag het wanneer sy in Monte Carlo by die Spencerspi­tsberaad inglip, waar Eric aankondig hy is terug as Forrester se uitvoerend­e hoof. Steffy vind amper uit Eric en Quinn is minnaars, Katie en Rick span saam, en Caroline vertel Ridge die waarheid oor haar rendezvous met Thomas. ’n Verpletter­de Ridge wil die regte ding vir baba Douglas doen en beëindig sy huwelik met Caroline, en daar is niks wat Bill nie sal doen om Brooke terug te kry nie – selfs al moet hy onthul wie Douglas se pa is.

DAYS

Sonny Kiriakis keer terug na Salem, maar lyk nie gretig om te sê of hy permanent terug is of net kom kuier het nie. Claire se besluit om nie universite­it toe te gaan nie ten gunste van ’n loopbaan as ’n vermaakste­r laat die wenkbroue lig, en Sonny en Paul het versoen geraak. Die konkelende Aiden voer weer iets in die mou, Nicole is geskok om ’n ander sy van Deimos te sien, en Ava se dood kan Joey en Jade se ontluikend­e verhouding vernietig. Claire se drome verdamp wanneer sy werk kry as Chloe se assistent, en Adriana waarsku Rafe om Hope nie te date nie.

Y&R

Nick en Victoria veg vir beheer van Newman Enterprise­s, en ’n woedende Phyllis onderbreek Victor se verhoor om die hof van al die aaklige goed te vertel wat Victor aangevang het. Victor se wraakplan boemerang, en Phyllis se behoefte aan wraak laat haar huwelik vou. Jill se plan om Billy en Cane Brash & Sassy te laat bestuur veroorsaak net die soort konflik wat sy wil hê, en Chloe is terug in Genoa City om Adam te laat betaal vir Delia se dood! Chloe sê vir Kevin sy wil nie versoen raak nie, en Phyllis is verskeur tussen Jack en Billy.

 ??  ?? Chloe gaan haar hande vol hê noudat sy Belle en Shawn se dogter Claire aangestel het.
Chloe gaan haar hande vol hê noudat sy Belle en Shawn se dogter Claire aangestel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa