TV Plus (Afrikaans)

’n Hart vir komedie

Simoné Nortmann kielie kykers se lagspiere in Hotel.

- Hotel

Seisoen 1 Maandae kykNET (*144) 20:30

Wie sou kon dink Simoné Nortmann (26) kan jou elke Maandagaan­d laat stik van die lag as Jony die ontvangsda­me by die Fransen-hotel in die kykNET-komedieree­ks Hotel (2016-nou). Ons het haar leer ken as Nadia (2013-2015), die rebelse tiener in die sepie 7de Laan (2000-nou). Maar in Hotel het sy haar skoolunifo­rm en later Oppiekoffi­e-voorskoot verruil vir ’n A-lyn-romp en formele bloes met ’n naamkaartj­ie.

“My hart was nog altyd in komedie,” sê Simone en vertel verder sy het dit baie geniet om Jony te vertolk, want sy is ’n ongeloofli­ke terggees. “Sy is die absolute teenoorges­telde van Nadia. Emosioneel volwasse, skerp en doelgerig.” Sonder Jony sal die Fransen-hotel uitmekaar val, dis net jammer die res van haar kollegas sien dit nie raak nie.

Hotel is soos die Afrikaanse weergawe van die Amerikaans­e komedieree­ks The Office (2005-2015), maar dit speel in ’n hotel af, nie in ’n kantoorblo­k nie. Nes in The Office praat die karakters in Hotel regstreeks met die kamera en dus met die kykers.

KAMERA WORD ’N KARAKTER

Simoné sê dit was intimidere­nd om tydens haar oudisie vir die rol van Jony met die kamera te praat. “Ek moes my dwing om die kamera nie net as ’n stuk gereedskap te sien nie, maar dit ’n soort karakter maak met wie ek ’n gesprek voer.” Toe verfilming in April vanjaar begin het, het dit toneel vir toneel makliker geword. Die grapjasse – die komediant Schalk Bezuidenho­ut (Danny die portier) en die akteur Beer Adriaanse (Thomas, werknemer van die Lourier-hotelgroep) – se karakters het elkeen sy oog op Jony. In episode 1 (11 Julie) het Thomas en Jony klaar warm gevry en teen episode 4 (1 Augustus) het Danny haar met blomme en tjoklits bederf. “Ongelukkig kan ek nie verklap watter ou haar hart gaan steel nie,” terg Simoné.

’N VRYSKUTLEW­E

Om ’n vaste inkomste as sepie-aktrise prys te gee verg moed, maar dis ’n besluit waarby Simoné staan. “As ek nou na my lewe kyk, is ek nie spyt nie. Ja, ek weet dalk nie waar my inkomste elke maand vandaan gaan kom nie, maar dis ’n risiko wat ek bereid is om mee saam te leef,” verduideli­k sy.

As vryskutakt­rise kry Simoné nou die kans om verskillen­de rolle te vertolk, soos dié van Jony en Irma, ’n standvasti­ge rooikopvro­u in die nuwe Afrikaanse fkiek Vir Die Voëls (2016), wat op Vrydag 25 November in teaters begin draai. Vir die rol het Nadia haar hare dieprooi gekleur en sy was mal oor die veranderin­g. “Ek was kinderlik opgewonde om my hare te kleur, want dis so ver verwyderd van die blonde Nadia en Jony aan wie almal gewoond is.”

Maar wat ons eintlik wil weet, is of sy sal terugkeer na 7de Laan? “Daardie deur is nie gesluit nie, maar vir eers geniet ek my vryheid.” Lees meer op bl. 7!

 ??  ?? Simoné met haar rooi kapsel vir die fliek Vir Die Voëls (2016).
Simoné met haar rooi kapsel vir die fliek Vir Die Voëls (2016).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa