TV Plus (Afrikaans)

WINDE VAN VERANDERIN­G

-

Kyk sy terug op die vrome Bokkietjie en die saggeaarde Ma Rose September, wat sy in Erfsondes (SABC2, 2007-2012) vertolk het, besef Denise hoe ver verwyderd die twee is van die inmengerig­e Bridgette wat sy tans in die sepie Suidooster (kykNET en kykNET & kie, Ma.-Do. 18:00, 2015-nou) speel.

Bridgette se karakter daag haar uit. “Juis omdat sy so anders is as my vorige ma-rolle. Ai, die vrou kan soms so wroeg,” lag Denise. “Bridgette het ’n swak selfbeeld en sy word baie vies as niemand haar ernstig opneem nie. Bridgette moet nog die wete leer hanteer dat haar suster, Lee-Ann (Portia Joel), voorheen met haar man, Ian (Abduraaghm­an Adams), gejol het.”

Eintlik het Bridgette goeie bedoelings en sy besef nie altyd wat sy verkeerd doen nie. “Sy het die manier om mense heeltemal verkeerd op te vryf,” skerm Denise vir haar karakter.

Denise is die ma van twee dogters, Dominique (33) en Simóne (31), en sê sy kyk met ’n ander oog na moederskap as Bridgette. Denise en haar man, Clive, ’n geleenthei­dsbestuurd­er, het in hul jong dae as ouers baie boeke oor sielkunde en opvoedkund­e gelees. “Ons het besef jy moet reëls vir jou kinders neerlê, maar as hulle dit oortree, moet jy ook met hulle praat oor die rede waarom hulle dit gedoen het.”

Tussendeur Suidooster se verfilming het Denise onlangs asem geskep en was in Julie by die Grahamstad­se kunstefees te sien in die verhoogpro­duksie As Ever Bessie, wat oor die skrywer Bessie Head gaan. Die laaste twee weke van Julie het sy haar eenvrou-vertoning, Cold Case: Revisiting Dulcie September, in die Markteater in Johannesbu­rg opgevoer. “Verhoog is my eerste liefde, dit voed my siel,” sê Denise. “Die uitdaging op die verhoog is om jou karakter met elke vertoning weer vars te hou.”

Maar sedertdien is Denise terug in die ontwerpers­pakkies en hoëhakskoe­ne van Bridgette, die dominerend­e ma in Suidooster wat altyd vir drama sorg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa