TV Plus (Afrikaans)

Wie is Red John?

Patrick Jane is op die reeksmoord­enaar Red John se spoor in seisoen 5 se slotepisod­e.

- The Mentalist

Seisoen 5 Woensdae (eindig op 17 Augustus) SABC3 (*193) 20:00

Die CBI (California Bureau of Investigat­ion) se konsultant Patrick Jane (Simon Baker) is ’n man met net een doel voor oë – om die reeksmoord­enaar Red John, wat sy vrou en dogter doodgemaak het, te vang. Red John laat altyd ’n skets van ’n glimlaggen­de gesig agter wat hy met sy slagoffers se bloed teken. Sedert sy handlanger Lorelei Martins (Emanuelle Chriqui) Jane in episode 8 (11 Mei) vertel het hy wat Jane is, het al Red John se hand geskud, het Jane ’n verdagtely­s saamgestel. In episode 22 (17 Augustus) sny Jane sy lys van 2 164 tot 7. Maar daar is ’n groot bederfbrok­kie! Red John laat Jane weet hy weet klaar wie die 7 name op sy lys is. En hy gaan weer moor tot Jane hom vang. Simon sê: “Red John is desperaat om ’n verhouding met Jane te hê. Hy sal sy lewe in gevaar stel om na aan hom te kom.”

DIE RED JOHN-VERDAGTES

In episode 22 kry Jane ’n DVD van Red John waarop Lorelei die name uitlees:

Bret Stiles (Malcolm McDowell):

Die leier van die Vizualize Self- Realizatio­nsentrum wat ons in seisoen 2 (2009) ontmoet het toe hy ’n verdagte in ’n moordsaak was.

Gale Bertram (Michael Gaston):

Direkteur van die CBI. Ons het Gale in seisoen 3 (2010) leer ken toe hy as Kalifornië se adjunk-prokureurg­eneraal aangestel is.

Raymond Haffner (Reed Diamond):

Die oud- toesighoud­ende CBI-agent en Jane se baas in seisoen 4 (2011).

Reede Smith (Drew Powell):

’n FBI-agent wat in Kalifornië werk. Ons het hom in seisoen 5 (2012) ontmoet tydens ’n jurisdiksi­edispuut met die CBI.

Bob Kirkland (Kevin Corrigan):

’n Homeland-sekerheids­agent wat ons in seisoen 5 in ’n terugflits ontmoet het toe Jane pas by die CBI begin werk het.

Sheriff Thomas McAllister (Xander Berkeley):

Hy het in seisoen 1 (2008) saam met Jane ’n moord in ’n wingerd ondersoek.

Brett Partridge (Jack Plotnick):

’n Forensiese ondersoekb­eampte wat ons in seisoen 1 (2008) leer ken het. Jane kan hom nie verdra nie en noem hom ’n monster.

 ??  ?? Teresa Lisbon en Patrick Jane. Die Red-John-verdagtes het nou tot sewe gekrimp.
Teresa Lisbon en Patrick Jane. Die Red-John-verdagtes het nou tot sewe gekrimp.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa