TV Plus (Afrikaans)

Staatmaker

Gary Sinise veg vir wat reg is, soos in die fliek Forrest Gump en op TV in Criminal Minds: Beyond Borders.

- Criminal Minds: Beyond Borders

Seisoen 1 Donderdae M-Net (*101) 21:30

Wanneer Amerikaans­e burgers in ander lande in die moeilikhei­d beland, wie bel hulle vir hulp? Die fiktiewe internasio­nale reaksieeen­heid van die FBI, met Jack Garrett (Gary Sinise) as die hoof, in die aksiereeks Criminal Minds: Beyond Borders (2016-nou). Jack en sy uitsoekspa­n is slaggereed om in te gryp en hul medelandge­note uit die verknorsin­g te help, selfs in Johannesbu­rg in episode 10 (op Donderdag 25 Augustus). Die reeksster Gary, veral bekend as speurder Mac Taylor in al 197 episode van CSI: NY (2004-2013), vertel meer oor die reeks en sy rol.

Waaroor gaan Criminal Minds: Beyond Borders?

Jack en sy span help Amerikaner­s wat oorsee reis op dieselfde profession­ele manier as die moederskip [Criminal Minds, 2005-nou]. Navorsing toon 68 miljoen Amerikaner­s verlaat die VSA jaarliks en ongelukkig sal van hulle onder misdaad deurloop. Die program gaan oor FBI-helde wat hulle kan red. Wanneer ons die nuus kyk en internasio­nale sake sien waarby Ame- rikaners betrokke is, is ons geneig om te vra: “Hoe het dit met hulle gebeur? Dit kon ek gewees het. Of my buurman wat op reis is. Of my broer of suster of ander geliefdes . . .”

Hoekom wou jy deel van die reeks wees?

Toe ek met [die uitvoerend­e vervaardig­ers] Erica [Messer] en Mark [Gordon] praat, het ek belanggest­el in die rol van Jack Garrett, ’n FBI-veteraan van 20 jaar en pa van ses, oor die program se onderligge­nde boodskap van wetstoepas­sing en die karakter as stabiele mens. Dikwels sien jy op TV karakters wat gebroke is en omdat hulle in so ’n donker wêreld werk, is daar talle egskeiding­s en baie pyn in hul persoonlik­e lewe. Maar daar is vele wetstoepas­sers wat ’n manier gevind het om ’n goeie gesinslewe te hê, kinders groot te maak en hul huwelik te laat slaag. Ek ken baie van hulle persoonlik, en daar-

 ??  ?? Die program neem Jack en sy span oral, van Johannesbu­rg tot die Verre-Ooste.
Die program neem Jack en sy span oral, van Johannesbu­rg tot die Verre-Ooste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa