TV Plus (Afrikaans)

Sepie-leerskool

Hier’s raad hoe jy jou groot kans agter die skerms kan kry.

-

Wil jy graag by ’n sepie soos Isidingo (1998-nou), 7de Laan (2000-nou) of Isibaya (2013-nou) werk, maar nie voor die kameras nie? tvplus het met eksperts gepraat om uit te vind hoe jy ’n werk agter die skerms kan kry.

STAP 1: STUDEER EN LEER

Kennis is mag en ’n goeie plek om te begin is by ’n filmskool, soos die South African School Of Motion Picture Medium & Live Performanc­e (AFDA), wat landwyd kampusse het. Of oorweeg ’n universite­it of kollege wat formele TV- en teaterople­iding aanbied, soos Rhodes in Grahamstad. Studente leer oor die tegniese detail van die vermaakbed­ryf, die taal/ terminolog­ie en hoe dinge agter die skerms werk.

Milena Gevers, die nasionale bemarkings­persoon van AFDA, sê: “Formele opleiding ontwikkel nie net mense om die bedryf te betree nie, maar rus hulle ook toe sodat hulle die bedryf verder kan help ontwikkel.” Kursusse wissel by die verskillen­de instansies, en deur praktiese en teoretiese studie kry die studente ’n beter idee van wat hulle wil doen – van draaiboeke skryf, kamerawerk en klank tot videoredig­ering.

Indien studie nie ’n opsie is nie, is internskap­pe beskikbaar by die meeste

STAP 2: DIS WIE JY KEN

Dit is deel 1 van die artikel – lees deel 2 in die tvplus van 28 September, te koop vanaf Vrydag 23 Sep. produksiem­aatskappye, soos Endemol Shine Africa (wat Isidingo vervaardig) en Urban Brew Studios (Gold Diggers, 2015-nou). Dit is oop vir die publiek, maar die proses is taai, soos ’n verteenwoo­rdiger van Urban Brew wat anoniem wil bly, verduideli­k: “Die internskap word befonds deur SETA (Sector Education & Training Authority) en dit is ’n werwingspr­oses. Die applikante moet hul CV instuur en hul vaardighei­dsvlak sal bepaal na watter program hulle gaan, wat hul werk sal wees en vir hoe lank.” ’n Internskap – of dit nou is om koffie te gaan haal of die kameraman se toerusting vas te hou – bou ’n CV en ondervindi­ng op. En om op ’n program se stel te wees bied waardevoll­e insig en indiensopl­eiding. Isidingo se eerste assistent-regisseur Michael Sebonego sê: “Dit gaan oor netwerkvor­ming en toewyding om jou naam in die regte kringe bekendgest­el te kry.”

Michael het in 2008 in die kameraafde­ling begin en homself opgewerk tot sy huidige posisie in 2015. Nou is hy die regterhand vir die regisseur en maak seker die verfilming­sproses verloop vlot. Hy voeg by: “Spanwerk en netwerkvor­ming is baie belangrik, want

STAP 3: BEGIN ONDER

Maar sê nou jy’s nie gewillig om ’n beginner te wees nie? Die antwoord is eenvoudig: gaan huis toe. Om agter die skerms te werk is moeilik, die ure is lank en dit verg baie voorbereid­ing voor ’n toneel verfilm kan word. Die navorser Jacob Ntshangase, wat op die Isibaya-stel werk, verduideli­k daar’s byvoorbeel­d ’n aantal kulturele verwysings wat nagevors moet word voor produksie kan begin. “Vir troues en die inhuldigin­gs van stamhoofde praat ons met regte hoofmanne, soos koning Goodwill Zwelithini [hoof van die Zoeloeryk] en sy oudstes om hul tradisies en rituele te verstaan voor tonele geskryf word. As dit nie akkuraat is nie, sal die gehoor dit weet.”

Die bedryf is pret en bevredigen­d, maar dit verg harde werk om iewers ’n beginkans te kry. Een manier is om die programme te kontak en aansoek te doen vir klein internskap­pe op die stel, om kontakte op te bou tydens die internskap en jou CV na produksiem­aatskappye te stuur. Hoe harder jy probeer, hoe beter is jou kans op sukses!

 ??  ?? Dit kos vasbyt om ’n werk agter die skerms op ’n sepiestel te kry.
Dit kos vasbyt om ’n werk agter die skerms op ’n sepiestel te kry.
 ??  ?? Selfs iets “eenvoudigs” soos grimering verg opleiding.
Selfs iets “eenvoudigs” soos grimering verg opleiding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa