TV Plus (Afrikaans)

IETS OM TE AANSKOU

-

Is jy al verveeld met die middelmati­ge spesiale effekte in reekse? Game Of Thrones het ’n yslike hap van sy begroting van R86 miljoen per episode op spesiale effekte uitgegee. En die reeks is ’n visuele fees. Selfs die drake ( ja, drake) lyk eg! Terwyl dele van die stelle gebou word, skep die produksies­pan digitaal van die ongeloofli­kste en asemrowend­ste denkbeeldi­ge landskappe. Of dit die woesteny van Essos is waar Daenerys en haar drie vuurspuwen­de drake slawestede oorneem, of die bevrore landskappe vol leërs van zombie-agtige White Walkers, Game Of Thrones is ongeëwenaa­rd.

VRA DIE EKSPERTS

Game Of Thrones het tot dusver 26 Primetime Emmy-toekenning­s gewen en is vanjaar vir 23 Emmys benoem. Dit lok meer as 8 miljoen kykers net in die VSA alleen met elke episode, en hou die Guinness World Record vir 2015 vir die TV-program met die meeste roofkykers – sommige episodes word meer as ’n miljoen keer afgelaai binne ’n uur nadat dit uitgesaai is!

Die fliek- en-TV-resensiewe­bwerf RottenToma­toes.com gee dit ’n gemiddelde punt van 94%, met ’n hoogste punt van 97%. Nie sleg vir ’n program wat afspeel in ’n wêreld waar elektrisit­eit nog nie eens uitgevind is nie . . .

Kyk Game Of Thrones nou op ShowMax.com. Daar is ’n gratis proeftyd van sewe dae vir nuwe kykers.

 ??  ?? Daenerys en haar spesiale-effektedra­ke is baie gewild by kykers.
Daenerys en haar spesiale-effektedra­ke is baie gewild by kykers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa