TV Plus (Afrikaans)

Konfrontas­ietyd

Nog geheime uit Charmaine se verlede word oopgekrap wanneer sy haar verkragtin­g aanmeld.

- 7de Laan

Weekdae SABC2 19:00

Daar was groot verligting in die Laan toe die stom Charmaine (Vinette Ebrahim) uiteindeli­k aan begin September begin praat het ná haar verkragtin­g op Donderdag 25 Augustus. Haar prokureurs­koonseun Xander (Theo Jantjies) wil haar bitter graag help en moedig haar op Woensdag 14 September aan om haar verkragtin­g by die polisie aan te meld, maar sy skop daarteen vas. En om dinge nog erger te maak vind ons uit dis nie die eerste keer dat Charmaine verkrag is nie . . .

MATRONE HET RAAD

“Xander is gefrustree­rd, want hy voel hy kan nie tot Charmaine deurdring nie,” sê Theo. Hy kry ook nie veel ondersteun­ing van sy vrou, Vanessa (Ingrid Paulus), Charmaine se dogter, nie. Later op 14 September het die paartjie ’n hewige uitval in Xander se kantoor wanneer Vanessa hom uittrap omdat hy te veel druk op haar ma plaas. “Sy is net besorg en bang as Xander aanhou karring en Charmaine weer die verkragtin­g moet herleef deur daaroor te praat, kan sy dalk weer stom word,” sê Ingrid.

Dieselfde dag is Charmaine in Oppiekoffi­e besig, maar skrik haar yskoud wanneer sy dink sy sien haar verkragter tussen die klante in die koffiewink­el. Laatmiddag kom Matrone (Annelize van der Ryst-Hattingh) vir Charmaine by Xander-hulle se woonstel kuier en probeer vir haar perspektie­f gee oor wat met haar gebeur het. Sy moedig Charmaine ook aan om die verkragtin­g aan te meld, want daardeur kan sy keer dat die man dit weer doen en nog ander vroue se lewe verwoes.

GERAAMTES IN DIE KAS

Op Donderdag 15 September gaan Vanessa saam met Charmaine polisiesta­sie toe, waar Charmaine ’n verklaring aflê. Sy lyk uitgeput wanneer hulle na die

VERGIFNIS VIR VIVIAN

Op Vrydag 16 September besluit Charmaine om met Vivian in die inrigting te gaan praat. Vivian, wat reeds as tiener in ’n inrigting opgeneem is, het in September 2015 ontsnap en Charmaine se identiteit oorgeneem. En dis Vivian wat toe Charmaine se man, Neville (Zane Meas), doodgeskie­t het. Vivian is daarna weer opgeneem, en dis die eerste keer dat Charmaine haar tweelingsu­ster sedertdien besoek – en ons uitvind wat dalk agter Vivian se siekte skuil.

Charmaine vra Vivian om vergifnis omdat sy haar in hul kinderjare nie beter beskerm het en nie harder probeer het om hul ma te oortuig hul ma se baas – net bekend as oom Dennis – het hulle gemolestee­r en verkrag nie. Charmaine sê ook sy is jammer as dit is wat daartoe gelei het dat Vivian haar varkies verloor het.

UUR VAN AFREKENING?

Geleidelik lyk dit of Charmaine uit haar dop kruip en sterker word. Sy begin dink die enigste manier om aan te beweeg, is om oom Dennis op te spoor en te konfrontee­r. Dus besluit sy op Donderdag 22 September om BeaufortWe­s toe te gaan en hom te soek. Vanessa is glad nie gelukkig wanneer sy van haar ma se plan hoor nie. “Vanessa probeer haar oortuig om te bly, maar Charmaine is vasbeslote. En Vanessa besef om met die man te gaan praat, is dalk die enigste manier hoe Charmaine die hoofstuk in haar lewe kan afsluit,” sê Ingrid.

Charmaine spoor oom Dennis wel op. Moenie Vrydag 23 September misloop nie wanneer Charmaine hom in die oë kyk . . . Ons hou asem op!

 ??  ?? Charmaine vertel iets skokkends en Vanessa (inlas) weet nie hoe om haar ma te help nie.
Charmaine vertel iets skokkends en Vanessa (inlas) weet nie hoe om haar ma te help nie.
 ??  ?? Xander voel hy kan nie tot Charmaine deurdring nie.
Xander voel hy kan nie tot Charmaine deurdring nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa