TV Plus (Afrikaans)

DIE WAARHEID IS UIT

-

Vroeg die volgende oggend, op Dinsdag 20 September, konfrontee­r Willem vir Felicity in die boetiek. Hy vra haar reguit of dit sy kind is en al wat ’n verstomde Felicity wil weet, is hoe hy daarvan uitgevind het. Willem is briesend, sê Markus. “Alles maak nou sin. Hoekom sy die afgelope ruk so afsydig is en hom so sku behandel het. Hy kan nie glo sy het sulke groot nuus van hom weerhou nie.” Daar is ’n groot woordewiss­eling en Willem storm uit.

Teen toemaaktyd gaan praat Felicity met Willem by T&T. “Sy maak verskoning dat sy hom nie vertel het nie en sê sy verwag nie van hom om deel te wees van sy kind se lewe nie.” Dit maak Willem van voor af die duiwel in en hy jaag haar uit die sportwinke­l. Op Donderdag 22 September sien ons ’n bekommerde Felicity wat dit oorweeg om alles prys te gee en uit Hillside te vlug. Maar gaan Willem haar toelaat sodra hy hiervan uitvind?

PETRO STAAN BY WILLEM

Die arme Petro vind op Woensdag 21 September uit Willem is die pa van Felicity se kind. Carla sê Petro oorweeg dit om hul verhouding te verbreek. “Maar uiteindeli­k besluit Petro om by Willem te staan, wat ek dink baie moed verg. Sy verstaan Willem moet verantwoor­delikheid neem. Hy het ’n rol om in sy kind se lewe te speel,” sê Carla. Maar dinge is nooit so maklik soos dit klink nie. Veral nie in Hillside nie.

 ??  ?? Petro oorweeg dit om haar en Willem se verhouding te verbreek.
Petro oorweeg dit om haar en Willem se verhouding te verbreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa