TV Plus (Afrikaans)

Belangrike besluit

Die swanger Bianca moet verskillen­de opsies oorweeg.

- Suidooster

Ma.-Do. kykNET (*144) en kykNET & kie (*145) 18:00 en kykNET & kie 20:00

Sedert Bianca (Simone Biscombe) op Donderdag 1 September uitgevind het sy is swanger, worstel sy met ’n warboel emosies. “Omdat Bianca self ’n buite- egtelike kind is wat vir aanneming opgegee is, is dit vir haar traumaties dat die geskiedeni­s homself herhaal,” vertel Simone. “Dis eintlik ironies en sy weet uit eie ondervindi­ng hoeveel pyn dit vir baie mense kan veroorsaak.”

Bianca wil nie haar aanneemoue­rs of haar nuutgevond­e familie, die Samsodiens, teleurstel nie. “En sy vrees verwerping,” voeg Simone by. Maar dit lyk of die spanning Bianca kop laat verloor en of haar gedrag net soveel skade aan haar verhouding­s kan aanrig as haar swangerska­p – en boonop is sy onseker wie die pa is.

ONTVLUGTIN­G IN DRANK

Nadat sy vir Mymoena (Jill Levenberg), haar biologiese ma, en Mymoena se man, AB (Cedwyn Joel), vertel het sy is swanger, gaan Bianca eers deur ’n stadium van ontkenning. Op Dinsdag 13 September kuier sy saam met Nicci (Gerwen Simon), wat self in ’n toestand is omdat sy Tim (Marco Spaumer) op Maandag 29 Augustus voor die kansel gelos het (lees meer op bl. 15). Die drank vloei, selfs al weet Bianca dis sleg vir die ongebore baba. En net die volgende aand rinkink sy saam met Michelle (Greta Pietersen).

’n Bekommerde Mymoena en AB konfrontee­r Bianca die volgende dag oor haar drinkery, maar Bianca hou niks van hul inmenging nie. “Sy weet Mymoena en AB dra haar beste belange op die hart, maar sy meen hul bemoeienis vererger net alles. En sy voel reeds met haar swangerska­p is sy in ’n blik gedruk,” vertel Simone. Maar Bianca weet sy sal die een of ander tyd moet besluit wat sy gaan doen.

DIE PA-DILEMMA

Op Dinsdag 20 September gaan Bianca vir haar eerste ondersoek en sonar en besluit ná die afspraak om almal te vertel – dis nou almal buiten die pa . . . “Bianca weet dis die regte ding om te doen en dat sy die geheim nie langer

 ??  ?? Bianca (links) word deur Mymoena en AB aangespree­k oor haar gedrag.
Bianca (links) word deur Mymoena en AB aangespree­k oor haar gedrag.
 ??  ?? Stefan (Gideon Lombard).
Stefan (Gideon Lombard).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa