TV Plus (Afrikaans)

Dubbelagen­t

Die slinkse Jakes moet sy spore uitwis as hy ’n werknemer van Kings Casino wil bly.

- High Rollers

Weekdae SABC3 (*193) 19:30

Ons het geweet iets is nie pluis met Jakes (Thapelo Mokoena) nie toe hy in Julie by Kings Casino opdaag en hom vinnig inwurm as ’n hoof van spelerontw­ikkeling – dis iemand wat seker maak die BBP’s gee hul miljoene by die casino uit. Kykers het op Maandag 5 September bevestigin­g van sy twyfelagti­gheid gekry toe onthul is Jakes is die gangster Denton (Terence Bridgett) se spioen!

DEEL VAN DIE PLAN

Thapelo sê Jakes is alles aan Denton verskuldig. “Denton het Jakes uit die strate gered en hom ’n lewe en opvoeding gegee,” verduideli­k Thapelo. In hierdie stadium is Jakes tevrede daarmee om Denton se mol te wees, maar op Woensdag 14 September is hy by ’n kruispad. Jakes slaap by die Kings Casino-grootbaas Busi (Jo-Anne Reyneke) om binne-inligting te kry, maar hy smag ook na die casinowerk­er Thandi (Nqobile Nunu Khumalo). “Jakes se verhouding met Busi is ’n middel tot ’n doel. Hy is verlief op Thandi, maar weet ’n verhouding met haar sal haar lewe in gevaar stel,” sê Thapelo.

’N WATERDIGTE ALIBI

Op Maandag 19 September is die casino in rep en roer wanneer Mhambi (Motlatji Ditodi), die hoof van casino-sekuriteit, dood in haar woonstel aangetref word. David (Antony Coleman) begin op Woensdag 21 September met sy eie ondersoek en glo Mhambi is deur iemand wat by die casino werk vermoor. Hy ontbied die werknemers een vir een, Jakes inkluis, en ondervra hulle deeglik. “Jakes is bekommerd David het hom in sy visier as Denton se informant binne Kings Casino. Maar gelukkig het Jakes ’n waterdigte alibi, want hy was saam met Busi in die bed toe Mhambi se lyk gevind is,” vertel Thapelo. Die oomblik toe David dit hoor, gaan konfrontee­r hy dadelik vir Busi. David hoop Busi sal Jakes se storie weerlê en daarmee David se vermoede bevestig dat Jakes die moordenaar is.

 ??  ?? David is woedend wanneer hy meer oor Denton te wete kom . . . Jakes se identiteit as Denton se spioen is nog geheim.
David is woedend wanneer hy meer oor Denton te wete kom . . . Jakes se identiteit as Denton se spioen is nog geheim.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa