TV Plus (Afrikaans)

Nalatenska­p

Lucas het byna ’n dekade lank doodsondes gepleeg, maar wellus en hebsug gaan uiteindeli­k sy ondergang beteken.

- Scandal!

Weekdae e.tv (*194) 19:30

Toe Sello Maake Ka-Ncube in die week van 20 Julie vanjaar sy laaste tonele vir Scandal! skiet, het hy allerhande opwindende aanbieding­s en projekte gehad wat vir hom wag. Dis ’n skrale troos vir Scandal!-fans, wat geboei is deur elke skelmstree­k wat hy beplan het vandat hy in Julie 2007 by die sepie aangesluit het as hul hoofskurk Daniel, of moet ons sê Lucas Nyathi. Hoewel ons nie gaan verklap presies hoe Lucas in die week van 26 September vertrek nie, kan ons sê Romeo (Hungani Ndlovu) se wraak werk skouspelag­tig, en ons kyk terug op van Lucas se g grootste treffers.

WATERGRAF

Daniel het sy vervreemde vrou Leticia Nyathi (Jocelyn Broderick) in n Januarie 2009 vermoor or en haar lyk onder die f fonteint i in ih hul l agterplaas begrawe. Maar die lyk het boontoe gedryf en sy tweede vrou, Nadia (Sorisha Naidoo), op Oukersaand 2009 die skrik op die lyf gejaag.

TERUG AGTER TRALIES

Lucas het in Mei 2014 weens bedrog weer in die tronk beland, waar hy ’n suksesvoll­e geldman geword het. Dit was ’n goeie ding Shakira (Dawn Matthews) het die tronk in Julie 2015 aan die brand gesteek voor die gevangenes uitgevind het hy het al hul kontant in sy “vryheidsfo­ndsskema” verloor.

SKOONDOGTE­R

In Augustus 2016 het Lucas ’n affair met sy seun Mangi se fortuinsoe­kervrou Dintle (Mapaseka Koetle) begin ná hy haar probeer dwing het om Hector te vermoor. Sy’s nou swanger, moontlik met sy baba.

 ??  ?? Lucas verlaat Scandal! . . . voorlopig.
Lucas verlaat Scandal! . . . voorlopig.
 ??  ?? Ook die tronk het Lucas goed geken.
Ook die tronk het Lucas goed geken.
 ??  ?? Lucas en Dintle.
Lucas en Dintle.
 ??  ?? Lucas se dooie vrou in die water.
Lucas se dooie vrou in die water.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa