TV Plus (Afrikaans)

Soveel geheime

Almal steek iets weg wanneer Ridge op een knie afsak en Caroline die jawoord vra.

- The Bold And The Beautiful

Weekdae SABC3 (*193) 18:00

Berei julle voor op ’n verwikkeld­e storielyn met vele kinkels, Bold(1987-nou) kykers. Die driehoek van Ridge- Caroline-Thomas (Thorsten Kaye, Linsey Godfrey en Pierson Fodé) gaan heeltemal verstrik raak weens ’n onbehoorli­ke fassinasie, ’n geheime vasektomie, ’n skokkende skeiding, pille en drank, ’n verrassend­e verloofrin­g en ’n ongeleë werkaanbod!

KINKEL #1

Op Maandag 19 September los Ridge Caroline oor haar begeerte om kinders te hê, maar hy erken op Dinsdag 20 September aan Brooke (Katherine Kelly Lang) dis nie omdat hy “edel” is sodat Caroline haar wens saam met iemand anders kan vervul nie – hy steek die feit weg dat hy in 2014 in Parys ’n vasektomie gehad het.

KINKEL #2

Thomas probeer sy pa se eksminnare­s Caroline op Dinsdag 20 September troos. Sy’s duidelik gebroke en besope. Maar ná sy hom bedank omdat hy ’n vriend is, soen hy haar en hou nie daar op wanneer sy haar bewussyn verloor nie . . . Thomas is duidelik geen vriend nie en dink net aan wat hy wil hê. Geen wonder nie Caroline raak histeries wanneer sy op Woensdag 21 September uit haar beswyming wakker skrik en sien sy’s kaal in die bed saam met Thomas. “Thomas was onder die indruk die seks was met haar instemming. Dit maak dit nie reg nie. Dit was ’n verskrikli­ke en ongelukkig­e nag,” verduideli­k Bold se uitvoerend­e vervaardig­er, Brad Bell. Caroline voel steeds verraai en geskend wanneer die foon lui . . .

KINKEL #3

Op Donderdag 22 September sê Ridge vir Caroline hy het ’n fout gemaak – hy wil haar terughê en ’n gesin saam met haar hê. En op Vrydag 23 September onthul hy hy’t ’n babawiegie gekoop en op Maandag 26 September pluk hy ’n verloofrin­g uit. Daarby kondig Ridge aan hy maak selfs sy seun Thomas deel van die ontwerpspa­n. Dis alles wat Caroline ooit wou gehad het, maar op die slegste tyd denkbaar!

 ??  ?? Caroline word tot trane gedryf deur Ridge (inlas bo) en sy seun Thomas.
Caroline word tot trane gedryf deur Ridge (inlas bo) en sy seun Thomas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa