TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Quinn weier botweg om haar verhouding met Eric te beëindig, al weet sy dit sal Wyatt se huwelik verwoes, en Bill en Katie begin met hul egskeiding­sprosedure. Brooke word ’n troostante wanneer Ridge ondersteun­ing nodig het om ’n verenigde front aan Eric en Quinn voor te hou. Steffy trek by haar broer, Thomas, in en stel Quinn voor ’n ultimatum: Quinn moet dinge met Eric beëindig, of Steffy sal van Wyatt skei. Intussen speel Thomas matchmaker vir Steffy, al het hy self liefdespro­bleme: hy voel iets vir Sasha en Caroline.

DAYS

Die toesigstry­d om baba Thomas kry ’n nuwe kinkel wanneer ’n treurende Chad Jennifer toesig gee, maar sy drink weer. Ciara verklaar haar gevoelens vir Chad, en Jen word met ’n babbelas in ’n swak hotel wakker. Tate se ontvoerder sê vir John, Brady en Theresa Victor was die meesterbre­in, maar hy sweer hy is na die skuldige laat lyk. ’n Swanger Chloe is bekommerd Deimos hoor hy is die pa, maar kan Philip tot haar redding kom? Abe stel Aiden as die nuwe distrikspr­okureur aan sonder dat hy weet Aiden is eintlik Andre se pion.

Y&R

Adam se vyande is verheug wanneer hy van aanranding aangekla word, maar Michael het dalk ’n manier om sy kliënt se bas te red: Adam kan maak of hy waansinnig was! ’n Paranoïese Phyllis en Billy is seker Victor weet van hul affair, en Colin is terug en vra Jill uit oor haar inmenging in Cane en Billy se lewe. Daniel kom Genoa City toe vir Summer en Luca se verlowings­partytjie, maar hy weet nie die helfte van die gaste, ook die toekomstig­e bruid se ouers, probeer die troue keer nie. Later probeer Jack by Phyllis aanlê.

 ??  ?? So tussen die dreigement­e aan haar skoonma en die uittrekker­y uit haar en manlief Wyatt se huis deur was Steffy nogal besig.
So tussen die dreigement­e aan haar skoonma en die uittrekker­y uit haar en manlief Wyatt se huis deur was Steffy nogal besig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa