TV Plus (Afrikaans)

Waaghalsig­e lewe

Die Lethal Weapon- flieks kry ’n tweede asem op TV.

- Lethal Weapon

Seisoen 1 Donderdae M-Net (*101) 19:30 (vanaf 22 September)

“Ek het al baie mal mense gesien, maar hierdie ou is in ’n klas van sy eie” – dis wat speurder Murtaugh (Damon Wayans, Michael Kyle in die sitkom My Wife & Kids, 20012005) vir sy vrou sê oor sy nuwe kollega, Martin Riggs (Clayne Crawford, Ted jr. tot 2015 in die drama Rectify, 2013nou), in die nuwe aksiereeks Lethal Weapon (2016-nou). Riggs het Texas vir Los Angeles verruil in hierdie verwerking van die flieks met dieselfde titel (1987-1998), met Danny Glover as Murtaugh en Mel Gibson as Riggs. Damon sê hy het nie weer die trefferfli­eks gekyk nie, want “ons wil nie Mel en Danny naboots nie. Ons wil onsself wees”. Clayne voeg by: “Ons wil die kern van die flieks uitbeeld, hoe die vriendskap tussen Murtaugh en Riggs ontwikkel en hulle mekaar se familie word.”

IN DIENS VAN GEREGTIGHE­ID Speurder Martin Riggs

vat kanse, of dit nou is om uit ’n bewegende kar te spring of vir ’n gewapende bankrower te sê om hom te skiet. Maar agter sy bravade skuil ’n gekwelde man wat die verlies van sy vrou en ongebore baba in ’n karongeluk moet verwerk.

is ’n ouerige polisieman wat na sy werk terugkeer ná ’n byna noodlottig­e hartaanval. Hy hou daarvan om dinge volgens die reëls te doen, maar sy nuwe kollega wat halsoorkop optree is ’n probleem . . .

Speurder Roger Murtaugh Kapt. Brooks Avery

(Kevin Rahm, Bob in 2015 en 2016 in die riller Bates Motel, 2013-nou) laat Murtaugh en Riggs saamwerk – in episode 1 moet hulle dwelmhande­laars opspoor.

Dr. Maureen (Mo) Cahill

(Jordana Brewster, Mia in die Fast & Furious-flieks, 2001-nou) is die polisiedep­artement se sielkundig­e en sy maak Riggs haar prioriteit­saak weens sy waaghalsig­e leefstyl.

Trish Murtaugh

(Keesha Sharp, Dale Cochran in die The People Vs OJ Simpsonmin­ireeks, 2016) is Murtaugh se vrou en ma vir hul kinders, ’n baba en die tieners Roger (Dante Brown) en Riana (Chandler Kinney).

 ??  ?? Die kassie kry twee nuwe superspeur­ders: Riggs (links) en Murtaugh.
Die kassie kry twee nuwe superspeur­ders: Riggs (links) en Murtaugh.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa