TV Plus (Afrikaans)

Speurwerk in Kaapstad

Die Afrikaanse misdaadskr­ywer Deon Meyer het gesien hoe sy karakter Mat Joubert op die skerm lewe kry.

- Cape Town

Seisoen 1 Woensdae Universal Channel (*117) 20:50

tvplus het ’n kykie gekry in die Enigma-herehuis, wat die sekspartyt­jiehuis in die aksiereeks Cape Town (2016) is. En dis net so imposant as wat dit op TV lyk – al skerts die gebore Noorweër en hoofspeler Trond Espen Seim, wat die rol van die gekwelde speurder Mat Joubert vertolk, dis “heel gaaf”. Maar die spogwoning en (sommige) aksente daar gelaat, dit lei geen twyfel nie dat dit ’n internasio­nale projek is, van die spelers tot die Duitse vervaardig­er, Annette Reeker. En die skrywer Deon Meyer is in sy noppies met die eindproduk – sy boek Feniks (Engelse titel Dead Before Dying), waarop die reeks gegrond is, het al in 1996 verskyn.

DIE VERWERKING

Baie het die afgelope 20 jaar in SuidAfrika verander. Deon sê gou: “Daar was geen selfone nie!” Maar om die storie aan te pas was Annette se taak, nie syne nie. “Daar ’n groot verskil tussen ’n goeie boek en ’n goeie TV-reeks. ’n Ekspert is nodig om die regte elemente uit die boek te haal om ’n reeks van te maak,” sê Deon. Annette vertel buiten aanpassing­s soos selfone en die opdatering van polisie-ondersoekp­rosedures is die storielyn oor die Europese modelle bygevoeg. “Dis steeds dieselfde boek, maar ons het detail bygewerk vir die internasio­nale mark en jong mense.”

KARAKTERS KRY LEWE

“Ek is baie opgewonde,” sê Deon. “Dis waarskynli­k die beste TV-reeks wat al gemaak is – ooit!” En deur Trond se spel het hy gesien hoe Mat gestalte kry. “My gunsteling­toneel toe ek die boek geskryf het, is wanneer Mat ’n vuurwapen onder sy ken sit, en dis die eerste toneel wat verfilm is (in episode 1 op 7 September uitgesaai). Dit was toe ek besef Trond ís Mat Joubert. Dis so ’n intense toneel en hy het dit ongeloofli­k goed gespeel. Dit het my koue rillings gegee.”

Trond skerts hy en Boris Kodjoe, wat Mat se kollega Sanctus Snook speel, het soos dag en nag van mekaar verskil op en van die skerm af. “Boris staan sesuur op, drink water en oefen baie. Nie ek nie.” Hoe het hulle mekaar dan gevind en oor die weg gekom? “Ons het oor goed gepraat. Watter goed? O, dit kan ek jou nie vertel nie,” terg Trond.

 ??  ?? Mat en Sanctus is op die spoor van ’n reeksmoord­enaar. Deon Meyer (links) is in sy noppies hoe Trond sy karakter vertolk het.
Mat en Sanctus is op die spoor van ’n reeksmoord­enaar. Deon Meyer (links) is in sy noppies hoe Trond sy karakter vertolk het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa