TV Plus (Afrikaans)

My Plek Of Joune?

-

Isabel Barends, eienaar van die dekoronder­neming Love Lemon Interiors in Kaapstad, het van jongs af ’n passie vir dekor. “As tiener het ek my kamer oor en oor geskuif om verskillen­de moontlikhe­de met my meubels uit te toets,” vertel Isabel. “Maar ek het eers later binneversi­ering as loopbaan oorweeg. Ná die geboorte van my eerste kind het ek ’n kursus in interieuro­ntwerp gevolg en toe besef dis my passie,” voeg sy by. En nou deel sy dit met die kykers as aanbieder van ’n nuwe TV-reeks, My Plek Of Joune?

Hoekom moet huiseienaa­rs na hierdie reeks kyk?

My Plek Of Joune? gaan nie net oor die dekor-aspek nie, maar fokus ook op die persoonlik­e verhouding­s tussen die huisbewone­rs. Met elke episode kry een huismaat die geleenthei­d om ’n vertrek saam met my en ons nutsman, Melt van der Spuy, volgens sy of haar voorkeure in te rig.

Wat was die grootste uitdaging?

Dat ons net R10 000 en agt uur het om dit te laat gebeur. Agt uur is bitter kort om enige noemenswaa­rdige verskil aan ’n vertrek se dekor te kan maak. Kykers sien hoe die werkers laat waai om vertrekke wat lyk of dit deur ’n orkaan getref is, in droomvertr­ekke te verander. Dit was ook ’n nuutjie om vir die eerste keer voor die kamera te werk.

Wat is die basiese beginsels wanneer jy ’n vertrek ’n nuwe baadjie wil gee?

Ek vind inspirasie, of dit nou in ’n kleurskake­ring, meubelstuk of prentjie in ’n tydskrif is, wat die persoon se styl verteenwoo­rdig. Goeie voorbereid­ing lei tot ’n suksesvoll­e projek.

En waar kry julle die deelnemers?

Ons het kykers wat op ’n advertensi­e op VIA (*147) reageer het en wat voel hulle is in ’n dekor-oorlog gewikkel, gevra om in te skryf.

 ??  ?? Seisoen 2 M-Net (*101) 19:30 Aksie Episode 16 Seisoen 1 M-Net Edge (*102) 20:00 Drama Episode 10
Seisoen 2 M-Net (*101) 19:30 Aksie Episode 16 Seisoen 1 M-Net Edge (*102) 20:00 Drama Episode 10

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa