TV Plus (Afrikaans)

Celebs doen dit nou

Pulane Sekepe en Bertha le Roux laat hul drome waar word.

-

Seisoen 1 Dinsdae VIA (*147) 21:00

Só baie van ons sê “eendag gaan ek nog dit of dat doen”, maar kom nooit daarby uit nie. Die Jacaranda FM-aanbieder Pulane Sekepe en die aktrise en Radio Kansel-aanbieder Bertha le Roux (sy het van 2002 tot 2014 Emma in 7de Laan gespeel) het besluit om die bul by die horings te pak en hul drome te verwesenli­k. Bertha wou altyd leer baldans en Pulane wil superfiks word, en albei het besluit: dis nou of nooit! Robert Kaden, publisitei­tsbestuurd­er by VIA, vertel Nou Of Nooit fokus op ’n leefstylve­randering en nie soseer op gewigsverl­ies nie. “Daar’s ook geen kompetisie tussen Pulane en Bertha nie,” sê hy. Die kameras volg die twee se afsonderli­ke reise in 13 episodes oor drie maande (Julie tot September) en wys hoe hulle bloed sweet om hul doelwitte te bereik. Pulane wou uiteindeli­k op Saterdag 10 September deelneem aan The Beast Challenge, ’n hindernisb­aanresies in Johannesbu­rg wat oor 10 kilometer strek. Bertha se uiteindeli­ke doelwit was om op Saterdag 10 September haar slag in die Fred Astaire-Nasionale Danskompet­isie in Johannesbu­rg te wys. Albei die hoogtepunt­e sal in seisoen1 se laaste episode op Dinsdag 20 Desember 2016 gesien kan word. Hulle motiveer mekaar tydens die reeks en woon saam die motivering­sessies by die lewensafri­gter Elzaan van der Merwe by. Albei erken dit het baie dissipline geverg om hul doel te bereik, maar aan die einde van die dag is die smaak van sukses lekker soet.

Hoekom het julle besluit om uiteindeli­k jul drome te verwesenli­k? Pulane:

’n Mens kry min geleenthei­d om jou drome waar te laat word met die hulp van ’n ondersteun­ingstelsel, en Nou Of Nooit het my dié wonderlike geleenthei­d gebied om fiks te word met die nodige ondersteun­ing.

Ek wou altyd leer dans, maar het voorheen nooit kans gekry om dit te doen nie, want daar was altyd hinderniss­e en prioriteit­e. My twee dogtertjie­s, Kiana (9) en Brioné (6), is nou groter en meer selfstandi­g en ek het nie ’n werk met vaste kantoorure nie. Ek het dus nie meer verskoning­s gehad om die verwesenli­king van die groot droom uit te stel nie.

Bertha: Wat was die grootste uitdaging tydens die verfilming van die reeks? Pulane:

Ek moes by ’n nuwe roetine aanpas. Ons het Maandae en Vrydae aan die reeks geskiet. Ek moes ses dae per week ’n uur lank onder die toesig van ’n persoonlik­e instrukteu­r, Mike da Silva, en twee Bodytec-afrigters (hulle help met behulp van hoë-intensitei­tspieroefe­ning om jou lyf fermer te maak), Juan en Estelle Coetzee, in die gimnasium The Fitness Fort in Linden, Johannesbu­rg, oefen. Ek het ook ’n baie streng eetplan onder die wakende oog van ’n voedingkun­dige, Karin Paquay, gevolg. Dié voorgeskre­we dieet behels geen suiker, geen koolhidrat­e en geen vet. Ek dink dit was die moeilikste deel vir my.

Ek moes my huislike lewe herorganis­eer en reël dat iemand my kinders by die skool aflaai of gaan

Bertha:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa