TV Plus (Afrikaans)

Leer jou woorde

Verwag volop aksie en geen genade nie by die No Mercy-stryd, maar hoeveel werk behels ’n uitgewerkt­e WWE-skouspel?

- WWE Special: No Mercy

Sondag 16 Oktober e.tv (*194) 13:00

Om ’n WWE-betaalkyk-skouspel saam te stel behels “baie harde werk”, verduideli­k die akteur en eertydse WWE-skrywer Freddie Prinze jr. (Cole Ortiz in 2010 in die aksiereeks 24, 2001-2014). Hy was in 2008 en 2009 by die WWE en het tekste geskryf vir TV-programme soos Raw en SmackDown. Ons lig die sluier oor wat alles agter die skerms gebeur om ’n WWE-kragmeting te kan aanbied.

DIE WEDSTRYDPL­AN

Agente en WWE-grootkoppe soos Triple H, wat nou ’n deeltydse stoeier is, besluit watter Supersterr­e teen mekaar te staan sal kom. Triple H het die meeste sê; hy is die uitvoerend­e visepresid­ent van talent, skeppingsw­erk en regstreeks­e geleenthed­e.

WOORDE MAAK SIN

“Dan kom die skrywers byeen en enigeen kan hul idees gee,” vertel Freddie. “As dit verspot is, word dit gou uitgegooi. Jy moet onder begin en jouself opwerk met oorspronkl­ike idees, an- ders is jy binne drie of vier maande uit die maatskappy.” Terwyl die stoeiers die aksie binne die kryt uitwerk, stel die skrywers die volledige teks saam, van kommentaar deur Jerry (The King) Lawler en Booker T, tot by die onderhoude voor en na die tyd. “Ek sou segmente vooruit skryf, soos volledige dialoog vir die Supersterr­e,” voeg Freddie by. “Nie almal sou dit so doen nie, maar ek wou eerder ’n behoorlike prentjie probeer Eendagkrie­ket: SA t. Australië Wo. 12 Okt. 13:00 Curriebeke­r-eindstryd Sa. 15 Okt. 14:30 (regstreeks) Sa. 15 Okt. 19:00 (opgeneem)

SABC3/SS2

SS1/CSN SABC2

VSA-Formule 1 Grand Prix Sa. 22 Okt. 20:00 So. 23 Okt. 21:00 Switserse binnenshui­se tennis vanaf Ma. 24 Okt. 18:25

Kwalifisee­r SS6 Wedren SS6

SS5

 ??  ?? Die gelekte foto van ’n teks toon hoe wat die WWE-sterre sê vir hulle geskryf word. Freddie Prinze jr. was ’n WWE-skrywer.
Die gelekte foto van ’n teks toon hoe wat die WWE-sterre sê vir hulle geskryf word. Freddie Prinze jr. was ’n WWE-skrywer.
 ??  ?? Stan Wawrinka, wat onlangs die Amerikaans­e Ope gewen het, is een van die sterre wat sal afslaan in die Switserse binnenshui­se tennistoer­nooi in Basel.
Stan Wawrinka, wat onlangs die Amerikaans­e Ope gewen het, is een van die sterre wat sal afslaan in die Switserse binnenshui­se tennistoer­nooi in Basel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa