TV Plus (Afrikaans)

FAFA SE LIEFDESKER­FSTOK

-

Fafa het ’n kronkelend­e liefdespaa­djie gehad en dit was nie maklik vir hom om weer geluk te vind nie. Hier is van die vroue wat al sy hart gesteel het:

Kiki (Hanna Grobler):

Sy was en is Fafa se groot liefde toe die sepie vanaf 2009 tot 2015 ’n dramareeks was. Kiki was ’n pompon-danseres en is in die laaste seisoen van die dramareeks oorlede toe sy tydens ’n skermutsel­ing met ’n mes gesteek is. Fafa het lank gesukkel om haar te laat gaan, maar in September 2016 het hy van haar afskeid geneem toe hy hul trouringe en haar fotoalbum begrawe het.

Iva (Nadia Beukes):

Fafa was in die derde seisoen ( 2011) van die dramareeks met Iva, die Stryderspa­n se sielkundig­e, getroud. Die huwelik het gesink omdat Fafa nog na Kiki gehunker het. Iva is nou met Schalk (Johan Scholtz), die Stryders se hoofbreier, getroud.

Anja (Elsje Tieleman):

Anja was Bella (Avah Weyer), die aangenome dogtertjie van Kiki wat nou in Fafa se sorg is, se au pair. Sy en Fafa het in Julie 2016 ’n verhouding aangeknoop, maar Anja het dit in September 2016 verbreek toe sy oorsee is nadat sy besef het Fafa is nog nie oor Kiki nie.

Marcé (Petroné Enslin):

Fafa het Marcé in Desember 2016 in Potties ontmoet en hulle het vinnig ’n paartjie geword. Marcé het baie besitlik en jaloers geraak en Fafa het die verhouding kort voor Kersfees verbreek – deels omdat hy toe al besef het hy bluf homself oor sy gevoelens vir Maryke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa