TV Plus (Afrikaans)

Doodsgehei­m

Sage neem die geheim oor baba Sully/Christian se regte identiteit saam met haar graf toe.

- The Young And The Restless

Weekdae e.tv (*194) 09:00

Dr. Sandy Anderson (Elizabeth Bogush) se gek plan om weerwraak te neem op Nick Newman (Joshua Morrow) krap lewens lank ná haar dood op Dinsdag 18 Oktober 2016 om. Op Woensdag 4 Januarie kry Nick se eksvrou Sharon (Sharon Case) die DNS-toetsuitsl­ae wat bewys Sully (Jamie en Alister Tobias), die baba aan wie sy in Augustus 2016 kamstig die lewe geskenk het terwyl sy onder dr. Anderson se sorg in die Fairview-inrigting was, is eintlik Nick en sy vrou Sage (Kelly Sullivan) se seun, Christian.

Christian is in Julie 2016 “dood”, maar hy is inderwaarh­eid gesteel deur dr. Anderson se gewese pasiënt wat toe verpleegst­er geword het, Angela Stephens (Jill Lover). Maar voordat die feit by Sharon kan insink dat sy haar seun gaan verloor, vind Sage ook die waarheid uit. “Hulle is twee treine op dieselfde trajek, op pad na mekaar! Kykers sal nie kan ophou kyk nie!” belowe Y&R se hoofskrywe­r, Chuck Pratt.

“Al waaraan Sage kan dink, is om Christian te kry. Sy jaag na Sharon en tel Christian op, kyk in sy oë, en op daardie oomblik besef sy wat die waarheid is,” vertel Kelly.

TOT SIENS, MA

En op Donderdag 5 Januarie, wanneer Sharon weier om Sage se seun vir haar te gee, spring Sage in haar kar om Nick te gaan vertel. Sharon sit haar agterna terwyl ’n ontstelde Sage op haar selfoon begin skakel, en dan ry Sage van die pad af. Wanneer Sharon op Vrydag 6 Januarie by Sage stilhou om te help, is Sage ster wend. Al wat Sharon kan doen, is om Sage haar seun te laat vashou terwyl sy wegglip. “Dis ’n pragtige maar tragiese, bittersoet storie,” sê Kelly.

 ??  ?? Sharon (regs) is by wanneer Sage haar laaste oomblikke saam met haar seun deurbring.
Sharon (regs) is by wanneer Sage haar laaste oomblikke saam met haar seun deurbring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa