TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Bill en Ridge maak klaar vir nog ’n stryd om Brooke se hart wanneer Bill beplan om met Brooke weg te loop. Ridge verras haar met ’n gebaar wat haar aan hul romantiese verlede herinner – met RJ se hulp. Sasha vra Zende om by haar te bly nadat Nicole teen haar uitgevaar het oor die manier waarop Sasha Zende van haar probeer steel het. ’n Herenigde Liam en Steffy soen en bespreek hul toekoms, maar Quinn het ook ’n voorstel oor Steffy se toekoms . . . saam met Wyatt. Elders begin die Forresters met voorbereid­ings vir ’n troue.

DAYS

Kanker word by Adrienne gediagnose­er, en Abby vertel vir ’n geskokte Jennifer hoe Jennifer se ma, Laura, Abby gehelp het om haar dood te versin (Marci Miller speel nou Abby). Gabi troos Chad, en Roman, Kimberly en Kayla besoek Bo se graf en eer sy nagedagten­is. Intussen kom Hope Marlena se suster Hattie agter tralies teë! Rafe vra Steve en Shawn-Douglas om hom te help om Stefano se dood te ondersoek, en Hope se familie besoek haar in die tronk. Theo moet besluit of hy gereed is vir ’n intiemer verhouding met Claire, Theresa vertrek op skouspelag­tige wyse, en Nicole en Eve keer terug.

Y&R

Victor vernietig Travis se drome om in die Newman-familie in te trou, en Billy moedig Travis aan om Victoria die waarheid oor sy fling te vertel. Dylan vra Michael vir regsdvies sodat hy klein Christian kan hou, Nick is bereid om hof toe te gaan, en Victor en Nikki ondersteun opponerend­e kante van die babatoesig­krisis. Hilary blink uit in haar nuwe magsposisi­e by die nuusorgani­sasie GC Buzz, en sy vra Nikki vir openbare kommentaar oor die toesigstry­d. Dan het Christian ’n mediese krisis en die stryd word vir eers gestaak.

 ??  ?? Nick is bereid om hof toe te gaan om toesig oor baba Christian te kry.
Nick is bereid om hof toe te gaan om toesig oor baba Christian te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa