TV Plus (Afrikaans)

Gruweldade

Sherlock keer terug vir aksie, misterie en ’n vyand wat laag en uiters gemeen is in seisoen 4.

- Sherlock

Seisoen 4 Vrydae (vanaf 6 Januarie) BBC First (*119) 21:00

“Iets kom nader. Miskien is dit Moriar ty, miskien nie.” Onheilspel­lende woorde van die konsultant­speurder Sherlock Holmes (Benedict Cumberbatc­h) wanneer seisoen 4 van Sherlock (2010-nou) begin. Fans het Holmes en sy assistent dr. John Watson (Martin Freeman) laas in Januarie 2016 gesien toe The Abominable Bride spesiaal uitgesaai is, en nog langer gelede, in 2014, in seisoen 3. Dinge het vir die twee verander en baie meer is op die spel, sinspeel die Sherlock-medeskeppe­r Steven Moffat. “Ons gaan hulle beslis laat swaarkry. Dit gaan ’n emosionele omwentelin­g wees. Lekker en prettig, al die dinge wat Sherlock altyd moet wees. Maar dit gaan taf wees.” Hier is drie seisoen 4-raaisels:

Jim Moriarty

(Andrew Scott) het weliswaar in seisoen 4 se lokreekse verskyn, maar ons weet nog nie of Sherlock se aartsvyand dood is of nie – hy kan ’n versinsel van Sherlock se verbeeldin­g wees. En omdat daar ’n nuwe skurk is – die siektekenn­er

(Toby Jones, dr. Jenkins in Wayward Pines, 2015-nou) – beteken dit nie Moriarty kom nie terug nie. John en (Amanda Abbington, Martin Freeman se meisie in die regte lewe) het pas ’n baba gehad en Sherlock pas by sy nuwe rol as “oom” aan. Maar die nuutgevond­e vreugde hou dalk nie die hele seisoen nie, sê Steven. “John het ’n vrou en Sherlock hou van haar, en is dit nie oulik nie? En dan verander alles!”

(gespeel deur die medeskeppe­r Mark Gatiss) is nie Sherlock se enigste broer nie, en volgens gerugte kan ’n beroemde die rol van die ander broer vul. Mark het ’n foto van homself saam met (Loki in die Thor-flieks, 2011-nou) met die hutsmerker “Blud” [bloed] getwiet ná die Sherlock-paneel by die San Diego Comic- Con in Julie 2016. En moontlike name vir Holmes #3? Thatcher, Smith of Sherrinfor­d.

Culverton Smith Mycroft Mary Tom Hiddleston

 ??  ?? Watson (links) en Sherlock kan die seisoen ’n dodelike geveg te wagte wees.
Watson (links) en Sherlock kan die seisoen ’n dodelike geveg te wagte wees.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa