TV Plus (Afrikaans)

Eks(tra) geluk

The Exes is altyd op soek na liefde en woon nog saam onder Holly se wakende oog.

- The Exes

Seisoen 3 Vrydae SABC3 (*193) 20:00 (vanaf 13 Januarie)

The Exes (2011-2015) is oorgehaal om weer te begin date in seisoen 3, en eerste aan die beurt van die klomp enkellopen­des (almal is geskeides wat deur die skeiprokur­eur Holly verteenwoo­rdig is) is die sportagent wat akteur geword het, Phil (Donald Faison). Die tweede een wat ’n afspraak kry is die tandarts Stuart (David Alan Basche), gevolg deur die internet- entreprene­ur Haskell ( Wayne Knight). Maar daar’s geen liefde vir die arme Holly nie, wat in sak en as is ná sy afgesê word. Tussen die opbeur van Holly deur en byhou met hul meisies, moet “die ekse” hul eie dramas hanteer, wat insluit . . .

Die naïewe Stuart het ’n spierspasm­a in sy nek en leen Holly se rugmasseer­der in episode 1 sonder om te vra. Maar hy kom agter dis eintlik ’n inprop- vibrerende seksspeeld­ing . . . In episode 3 (27 Jan.) ontmoet Phil die “opnuut toegewyde maagd” (Stacey Dash, Camille van die sitkom The Game, 2006-2015), en Stuart gaan op ’n afspraak met (Missi Pyle van Another Period, 2015nou), onbewus daarvan sy’s ’n seksversla­afde. Holly vra Phil se baas (Todd Stashwick, Father Kieran in die sci-fi-reeks The Originals, 2013-nou) in episode 7 (24 Feb.) om Phil weer aan te stel. Maar voor sy haar kom kry, stem Holly in om Grant in die skeihof te verteenwoo­rdig . . . en Phil kry nie sy werk terug nie. Die oulike regstudent

( Tyler Posey, Scott in die sci-fi-reeks Teen Wolf, 2011-nou) vra Holly in episode 9 (10 Mrt.) om sy mentor te wees, maar mense begin wonder wanneer hulle ’n bietjie te veel “studeer” . . . Holly se gewese ou (Diedrich Bader, Bill in die komedie Veep, 2014-nou) nooi Holly en haar vriende in episode 10 (17 Mrt.) na sy troue. Holly kry haarself jammer, maar Haskell begin gou by die strooimeis­ies aanlê.

Eric Dana Sabrina Grant Paul

 ??  ?? The Exes (van links): Eden, Phil, Holly, Stuart en Haskell.
The Exes (van links): Eden, Phil, Holly, Stuart en Haskell.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa