TV Plus (Afrikaans)

Toneelspee­l of aanbied?

Aanbieders by kykNET krap kop oor die kanaal se nuwe kontrakte.

-

Ek hoor Kim Cloete bied nie meer die nuwe seisoen van VeranderDi­nge, wat op Sondag 8 Januarie op kykNET begin, aan nie. Is dit omdat sy in Binnelande­rs speel? – AUBREY VAN SCHALKWYK, ROODEPOORT Eloïse Cupido, mede-aanbieder van kykNET se program Ontbytsake (2004nou), neem die leisels by Kim Cloete oor as die nuwe mede-aanbieder (saam met Ruda Landman) van seisoen 3 van VeranderDi­nge. Kim sê: “Ek is ’n paar maande gelede deur kykNET ingelig ek mag nie meer aanbieding­swerk vir die kanaal doen as ek ’n vaste kontrak as akteur by ’n kykNET-produksie het nie.” Kim vertolk sedert 2016 die rol van Bronwyn in Binnelande­rs (2005-nou). Sy sê die vervaardig­ers van Binnelande­rs, Stark Films, was tot dusver baie tegemoetko­mend dat sy kan toneelspee­l en ook ’n aanbieder wees. Kim het juis verlede jaar seisoen 2 van VeranderDi­nge klaar verfilm terwyl sy in Binnelande­rs gespeel het.

Volgens Karen Meiring, direkteur van Afrikaanse kanale by M-Net, is daar verskillen­de kontrakte vir sepie-akteurs en alles hang af van die akteur se spesifieke kontrak. “Indien akteurs ’n groot en deurlopend­e rol in ’n sepie vertolk, kan die spesifieke kontrak bepaal dat die persoon nie ook aanbieding­swerk mag doen nie,” sê Karen. “Die akteur is welkom om betyds met die vervaardig­ers te onderhande­l sodat hulle vir die tydperk wat hulle aanbieding­swerk doen, uit die sepie geskryf word.”

 ??  ?? Kim Cloete skuif nie weer in die aanbieders­toel in nie.
Kim Cloete skuif nie weer in die aanbieders­toel in nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa