TV Plus (Afrikaans)

Tyd vir veranderin­g

Anrich Herbst prikkel weer die lagspiere.

-

Seepglad Seisoen 1 Maandae kykNET (*144) 21:00

“O, Sonja, Sonja Conradie,” lui die liedjie wat die karakter Wimpie (Anrich Herbst) in die komedieree­ks Orkney Snork Nie (1989-1992) destyds vir sy blonde bom Sonja (Carien Wandrag) gesing het. Met dié rol het Anrich Herbst (44) op net 14 sy akteursdeb­uut gemaak. Nou het 25 jaar verbygevli­eg sedert hy die rol vertolk het, en deesdae kielie hy die lagspiere in Seepglad (2017nou), die kykNET-reeks wat ’n blik bied op die daaglikse bestaan van ’n span sepieskryw­ers en die akteurs van die fiktiewe sepie Tot Tyd En Wyl. Anrich sê hy voel al lank weer die komediegog­ga byt, en toe sy agent hom van Seepglad vertel, het hy geweet hy moet dit doen.

LIEFDE IN DIE LUG?

Anrich vertolk die rol van Frank, die kroegeiena­ar by die ateljee waar Tot Tyd En Wyl verfilm word, en waar almal ná die dag se opnames ’n glasie gaan klink. “Ek hou van Frank, want hy het ’n droë sin vir humor en is almal se vertroueli­ng,” sê Anrich. Frank se broer was met die hoofskrywe­r van Tot Tyd En Wyl, Louise (Lorraine Burger), getroud, maar ten spyte van die egskeiding het Frank nog ’n sagte plek vir sy eksskoonsu­ster. Of daar ’n vonk tussen Frank en Louise is, wil Anrich nie verklap nie. “Dit lyk of daar ’n konneksie tussen hulle is. En na my mening is Frank blind en sien hy nie werklik die vrou voor hom raak en wat sy vir hom kan beteken nie.”

GRAPPE AGTER DIE SKERMS

Tydens die opname van Seepglad in September verlede jaar het Anrich en die akteur Pierre Breytenbac­h, wat die rol van die sepieskryw­er Willem vertolk, hul eie komedie agter die skerms gemaak. “Hy is ’n groot grapjas en ons het lekker tussen die leer van woorde grappies vertel en gebond,” vertel Anrich. Hy sê baie dinge het verander sedert Orkney Snork Nie geskiet is. “Ons het ’n uitmergele­nde skietskedu­le by Seepglad gehad. Net 13 dae, 13 episodes en ’n werkdag van 12 uur. Toe ons Orkney Snork Nie verfilm het, het ons twee episodes in twee weke verfilm. Ek moes gou aanpas by die vinnige tempo van verfilming.”

ANRICH EN EIENDOMSAK­E

Hy is trots op alles wat hy in sy loopbaan bereik het, sê Anrich. “Ek is dankbaar vir die werk wat ek as akteur gehad het. Ek is ’n diep denker en elke rol het groot betekenis vir my gehad. Snaaks genoeg geniet ek dit om ouer te word en sien uit na die nuwe rigting waarin my toekoms beweeg.”

Daardie rigting is Anrich se nuwe loopbaan as eiendomsag­ent by Arthouse Properties in Johannesbu­rg. “Ek het by die maatskappy aangesluit ná ek klaar was met Seepglad.” Anrich, wat in 2009 getroud is, sê dit sal meer sekerheid vir sy vrou en twee seuns bied. “Ek sal altyd lief wees vir toneelspee­l en sal graag weer ’n musiekblys­pel of twee wil doen. Maar vir nou is ek gevestig as ’n eiendomsag­ent en sien uit na waar dit my gaan neem.” Hopelik nie te ver nie, Anrich, want ons sal jou graag eendag weer in nuwe reekse op die kassie wil sien.

ANRICH SE LOOPBAANKE­RFSTOK

Dramarolle: Anrich het rolle in sommige van die grootste Afrikaanse dramareeks­e vertolk. Hy was onder andere die gimnasiumb­estuurder in Die Vierde Kabinet (1998), Steyn in Arsenaal (2002), James in Die Boland Moorde (2013-nou), kapt. Buks Botha in Die Byl (2016-nou), en Johan in Die Boekklub (2016-nou). Sepierolle: Anrich het ook in verskeie sepies verskyn, as Dewald Vorster (1992-1995) in Egoli (19922010), Duncan Haines (2002-2003) in Isidingo (1998-nou), en Jean Jordaan (2008) in Villa Rosa (2004-2016).

 ??  ?? Anrich Herbst is terug op die kassie – maar dalk vir ’n laaste keer . . . Visser du Plessis.
Anrich Herbst is terug op die kassie – maar dalk vir ’n laaste keer . . . Visser du Plessis.
 ??  ?? Anrich as 14-jarige toe hy Wimpie in die gewilde Orkney Snork Nie was.
Anrich as 14-jarige toe hy Wimpie in die gewilde Orkney Snork Nie was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa