TV Plus (Afrikaans)

Geldsake

Rykdom en ego’s bots op ’n reusagtige manier in die dramareeks Billions.

-

Geld maak ’n mens korrup en dis die dryfkrag in die dramareeks Billions (2016-nou; seisoen 1 is nou beskikbaar op die internet-stroomdien­s ShowMax). Die skansfonds-ghoeroe Bobby “The Axe” Axelrod (Damian Lewis) maak vinniger geld as wat hy dit kan blaas, maar die VSA-staatsprok­ureur vir New York, Chuck Rhoades (Paul Giamatti), vermoed onraad en begin rondkrap. “Dis konings in hul koninkryke, dis hoofde in hul werkkringe,” sê Damian. “Dit gaan oor magspoliti­ek, oor rykdom, politieke mag en finansiële mag, en wat die ouens bereid is om te doen om die mag te behou.” Wie is dan die grootgelds­pelers in Billions?

BOBBY AXELROD

Wie: Die finansiële genie het biljoene gemaak deur ’n maatskappy ná die 9/11-terroriste-aanvalle oor te neem. Hy kom van nêrens en sy jeugherinn­erings bly hom by – hy verkies jeans en tekkies bo pakke en eet steeds by sy gunsteling-pizzaplek.

Sterk punte: Sy vermoë om mense op te som, sy intuïtiewe aanvoeling en ’n eindelose voorraad geld.

Swakhede: Hebsug en behep met mag. Wat hom die meeste in die moeilikhei­d laat beland, is sy opgeblase ego.

Hy sê: “Wat het ek verkeerd gedoen? Behalwe om geld te maak. Suksesvol. Al die reëls en regulasies – arbitrêr.”

CHARLES (CHUCK) RHOADES

Wie: ’n Moreel voorbeeldi­ge VSA-prokureur bedags en snags ’n perverse seksslaaf. Chuck wil uitvind wat Bobby doen en gebruik hom as ’n trofee in sy strewe na ’n hoër politieke pos.

Sterk punte: Hy kan nie gekoop word nie. Chuck se pa, Charles sr. (Jeffrey DeMunn), het amper soveel geld as Bobby, maar sy inmengery in sake het Chuck altyd verkeerd opgevryf.

Swakhede: Chuck leef in sy pa se skadu. Hy’s altyd een tree agter Bobby. En hy sal nooit kan saamleef met die idee dat mense weet hy is die slaaf in sy sekskapade­s met sy vrou nie . . .

Hy sê: “Die enigste vyand gevaarlike­r as ’n man met onbeperkte bronne is iemand met niks om te verloor nie. Dis waarna jy hier kyk.”

LARA AXELROD (MALIN ÅKERMAN)

Wie: Bobby se vrou het ’n droomlewe ná arm en moeilike grootwordj­are. Haar broer was ’n brandweerm­an wat tydens die 9/11-aanvalle dood is, en die gewese verpleegst­er probeer haar kinders grootmaak op ’n “gewone” manier, al is hulle skatryk.

Sterk punte: ’n Sterk ma en vrou wat op mense sal trap om haar sin te kry.

Swakhede: Soos haar man het sy ’n slegte humeur en wat sy doen, is nie altyd suksesvol nie, maar Bobby se sak geld is darem daar om probleempi­es op te los.

Sy sê [sarkasties aan Wendy]: “Kom eet by die restaurant. Bring die familie, of die kinders.”

DR. WENDY RHOADES (MAGGIE SIFF)

Wie: Chuck se psigiaterv­rou is tussen die duiwel en die diep blou see vasgevang: Sy het haar man lief en glo aan sy werk, maar sy is al Bobby se psigiater nog voordat sy met Chuck getroud is.

Sterk punte: Wendy is profession­eel – sy kan geheime by die werk en die huis hou. Sy kan Bobby se impulse laat kalmeer en Chuck die nodige steun gee.

Swakhede: Sy voel sleg wanneer sy teen Bobby en Chuck uitvaar, bewus van haar posisie en getrouheid aan albei. En terwyl dit ’n ernstige ondersoek is wat aan die gang is, vergelyk sy dit eerder met die bots van ego’s as ’n saak vir die reg om te besluit.

Sy sê [aan Chuck en Bobby]: “Vertrou jullej my?”y

 ??  ?? Van links is Lara en Bobby Axelrod en Wendy en Chuck Rhoades.
Van links is Lara en Bobby Axelrod en Wendy en Chuck Rhoades.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa