TV Plus (Afrikaans)

Brandpunt in die Laan

Chris maak sy eie kosemporiu­m oop.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 19:00

Die deli is skaars twee weke gesluit of die skatryk sakeman Chris (David Rees) trek op Vrydag 27 Januarie in en maak sy eie kosemporiu­m, Beleef, oop. Die eks- eienaar van die deli, Vince (Jacques Blignaut), is oortuig daarvan dis Chris se skuld dat sy besigheid gesink het, maar hy kan dit nie bewys nie. Beleef verkoop nes die deli eksklusiew­e kosprodukt­e, wat Vince se vrou, Bonita (Hildegardt Whites), tot afpersing dryf, en selfs Vince gaan tot waansin oor!

BONITA RAAK GEVAARLIK

“Chris sit nooit stil nie en is altyd besig om sy sakebelang­e uit te brei,” sê David. “Dis nie ’n geheim dat Chris nie ooghare vir Vince het nie, want Vince is nie bang om hom aan te vat nie. Maar of hy die een is wat verantwoor­delik is vir die ondergang van die deli, sal nog bewys moet word.”

Maar as Chris gedink het Vince is ’n doring in sy vlees ken hy nie vir Bonita nie – sy is net so ontstoke omdat haar man sy geliefde winkel verloor het. Sy besluit om Mariaan (Deirdre Wolhuter), Chris se vrou, aan te vat. Veral nadat sy tydens ’n gesprek met haar skoonsus Vanessa (Ingrid Paulus) op Dinsdag 17 Januarie uitgevind het Mariaan het jare gelede, toe Vanessa die Welmankind­ers se oppasser was, ’n affair met Frank (Albert Maritz) gehad – dieselfde man met wie sy in November verlede jaar in die bed betrap is. Bonita is oortuig daarvan Chris weet niks van die eerste affair nie en besluit om Mariaan op Donderdag 19 Januarie by haar huis te konfrontee­r. Mariaan ontken alles, maar Bonita speel haar troefkaart wanneer sy Mariaan mooi laat verstaan as sy nie Chris kan oorreed om 50% van Beleef aan Vince te gee nie, gaan Bonita alles oor die eerste affair aan Chris verklap!

VINCE VERLOOR SY VARKIES

In die week wat volg duur die magspel tussen Mariaan en Bonita voort en hulle dreig mekaar oor en weer. Die katgeveg raak so erg, niemand kom agter Vince is besig om sy varkies te verloor nie! Op Vrydag 27 Januarie breek hy met ’n kan petrol by die emporium in en dit lyk of hy vasbeslote is om die plek af te brand. Sal Beleef die aanslag oorleef?

 ??  ?? Mariaan. Bonita. Chris.
Mariaan. Bonita. Chris.
 ??  ?? Vince.
Vince.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa