TV Plus (Afrikaans)

Geheime onthul & drome aan skerwe

-

Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*193) 20:00 FEBRUARIE

Smanga besef hy wil deel van sy ongebore baba en die baba se ma, Sphe, wat ook sy skoonsuste­r is, se lewe wees. Maar ’n bang oom Tebogo sê vir Sphe sy moet die dorp verlaat met die hoop dat sy broerskind Smanga van sy idee sal vergeet om by haar te wees. Dit lyk of dit goed gaan met Zitha se besigheids­plan totdat sy slegte nuus kry wat haar maatskappy en drome kan vernietig. Die slegte Mrekza haat dit om saam met sy vyand Namhla by die kitskosbes­igheid S’khaftin Chicken te werk. Mrekza wil wraak neem op Namhla omdat sy sy geld gesteel het, en Mazwi waarsku sy broer, Smanga, om weg te bly van Sphe. Wat Mazwi nie weet nie, is Smanga het die familie van sy plan vertel: Hy gaan onthul hy is die baba se pa, nie Mazwi nie.

MAART

’n Bekommerde Nandi gee haar seun Fana raad oor sy nuwe liefdesbel­ang- stelling, Nolwazi, en sê hy moet doen wat reg voel, en Gadaffi besef hy is bedrieg en hy dreig om Tshidi dood te maak omdat sy sy geld gesteel het. Namhla is geskok wanneer sy uitvind haar nuwe vriend Thabiso (Matli Mohapeloa) was in die tronk en ken haar broer Fana. Gog’ Flo is verras oor die veranderin­g in Lucy wanneer Lucy die Diales kalmpies help om ’n woordewiss­eling op te los. Sphe laat Smanga skuldig voel oor hul swangerska­p, en Getty is jaloers wanneer haar vriend Wandile ’n date het.

Nandi wil ’n nuwe lewe hê en sy vra Lucy om haar te help, maar Lucy is skepties. Sphe neem Smanga kwalik omdat hy haar lewe bederf het, en Thabiso is bang om vir Nolwazi te sê hy hou van haar. Zitha en Fana het ’n werkvergad­ering by ’n restaurant, maar Fana dog dis ’n date, en Jack en Tau is geskok oor hoe die raad gestem het. Gadaffi jaag Tshidi uit sy huis voordat hy iets doen wat hy later sal berou.

APRIL

Teen druktyd was daar geen episodiese inligting beskikbaar nie.

 ??  ?? Die broers Smanga (links) en Mazwi is op die oorlogspad. Namhla se nuwe liefde kan ’n probleem wees.
Die broers Smanga (links) en Mazwi is op die oorlogspad. Namhla se nuwe liefde kan ’n probleem wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa