TV Plus (Afrikaans)

The Art Of More

-

Seisoen 2 M-Net Edge (*102) 19:00 Drama

Ons is terug by oneerlike onderhande­lings in die hoëdruk-, grootgeldw­êreld van veilingspl­ekke wanneer The Art Of More (2015-nou) terugkeer. “Veilings gaan oor ongebreide­lde begeertes en mense wat desperaat is om iets te besit. Dis interessan­t om te sien wat hulle sal doen om dit te kry,” sê die skepper en uitvoerend­e vervaardig­er, Chuck Rose. En soos die kunsvoorwe­rpe op die skerm het die reeks ook sy stories.

1 The Art Of More speel in New York af, maar is in Montreal, Kanada verfilm (ook die tonele wat in Parys afspeel). Die Parke-Mason-veilingsge­bou se buitekant is die Montrealmu­seum van die Skone Kunste. 2 Christian Cooke het ’n dag by ’n Londense veilingsma­atskappy deurgebrin­g om vir sy rol as Graham Connor voor te berei, en hy’t die gek storie gehoor: “’n Chinese magnaat het die vier grootste veilingsma­atskappye gebel en gevra hulle moet elk ’n verteenwoo­rdiger stuur, want hy gaan al sy kuns verkoop. Toe hulle by sy huis in China opdaag, het hy gesê: ‘Môre gaan julle die speletjie klip, papier, skêr speel en die wenner kry die rekening.’” 3 Cary Elwes, wat Arthur Davenport speel, is vertroud met kunsstelle – sy pa en oupa was skilders en sy ma, ’n binneontwe­rper, het hom na veilings geneem. 4 Die beeldhouer Jean Pronovost, wat in Quebec gebaseer is, het die reeks se antieke Soemeriese artefakte gemaak, soos die masker wat met koper beslaan is in seisoen 1. 5 Al is die meeste kunswerke in die reeks replikas, is die kunstenaar James Juron se weergawe van Man On A Rope oorspronkl­ik en in episode 2 te sien. [Honore Daumier het die oorspronkl­ike skildery in 1858 geskep].

 ??  ?? Van links: Davenport (Cary Elwes), Graham (Christian Cooke), Roxanna (Kate Bosworth) en Brukner (Dennis Quaid).
Van links: Davenport (Cary Elwes), Graham (Christian Cooke), Roxanna (Kate Bosworth) en Brukner (Dennis Quaid).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa