TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA, Days, Gold Diggers

-

BOLD

Wyatt staan terug sodat Steffy weer by Liam kan wees, maar Liam verlaat LA woedend wanneer hy Steffy nie in die hande kry nie en sy weier om op sy ultimatum te reageer. ’n Agterdogti­ge Eric vra Ridge wat hy met Quinn aangevang het toe hulle in San Francisco was, en Ivy – wat terug is in LA – wonder hoekom Quinn vreemder as gewoonlik optree, en Katie raak agterdogti­g. Quinn stel voor Eric maak Ridge Forrester se nuwe uitvoerend­e hoof terwyl Eric in Genoa City is, en sluit Thomas en Rick weer eens uit die posisie wat hulle glo hulle verdien.

DAYS

Ciara, Theo, Claire, Joey en Jade trek saam in ’n studentehu­is in, en Belle (Martha Madison) loer in van Asië om Claire te besoek. Chloe weier dat Nicole Holly grootmaak so lank as wat sy saam met Deimos is. Andre en Dario stuur albei ’n huurmoorde­naar na Deimos, en Nicole beland in die tronk ná sy by die sluipmoord­poging ingemeng het. Chloe sê vir Nicole sy het Belle as prokureur aangestel om vir toesig oor Holly te dagvaar, en Eric sukkel om Hope aan die lewe te hou. Shane het interessan­te bygewerkte inligting oor The Phoenix, die passievonk­e spat tussen Steve en Kayla in Praag, en tussen Rafe en Steve is daar woede. Austin sien later ’n intieme oomblik tussen Rafe en Carrie.

Y&R

Phyllis en Jack bots oor sy lojaliteit aan Gloria, en Phyllis en Billy het nog ’n stomende oomblik. Hilary kruip na Lily vir hulp, en Lily en Cane neem ’n ingrypende besluit. Lauren span saam met Phyllis nadat sy uitgevind het Jack en Gloria het met haar pogings ingemeng om ’n investeerd­er vir Fenmore’s te kry en sy ontbied hulp – Eric Forrester! Reed . . . Dylan besef sy identiteit is dalk onthul.

 ??  ?? Ashleigh Brewer is terug in Bold as Ivy Forrester.
Ashleigh Brewer is terug in Bold as Ivy Forrester.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa