TV Plus (Afrikaans)

ShowMax: Red Band Society

Kinders is die middelpunt in die hospitaalr­eeks Red Band Society.

-

Red Band Society (2014-2015; al 13 episodes is beskikbaar op die internet-stroomdien­s ShowMax) het die mediese drama opgekikker deur iets eenvoudigs te verander. Pleks dat daar gefokus word op die dokters wat saalrondes doen, bekyk Red Band Society (RBS) die pasiënte: kinders van onder tien jaar tot tieners in die pediatries­e saal. Maar dis nie al rede hoekom jy moet inskakel nie!

LEIDENDE HAND

“Mense dink hospitale is plekke waar die lewe eindig. Dis waar dit begin,” sê Griffin Gluck, wat die verteller in die reeks is – die komapasiën­t Charlie Hutchinson. Ons sien die hospitaal vanuit sy ietwat ongewone standpunt. “Mense sê pasiënte in komas kan hoor wat om hulle aangaan. Dit (die reeks) brei hierop uit – Charlie leef sy lewe deur die mense om hom, sy vriende en die dokters,” sê Griffin.

ALMAL IS ’N HELD

Scrubs (2001-2010; al nege seisoene op ShowMax) het die altyd buierige dr. Cox (John C. McGinley), en House MD (2004-2012; ShowMax het al agt seisoene) het die meerjarige dikmond dr. House (Hugh Laurie) – albei knorrige ou mans wat, al is hulle goeie dokters, mal is daaroor om hul kollegas en pasiënte ’n tawwe tyd te gee. In RBS is die dokters almal goeie mense wat ’n tawwe situasie pak: om kinders met ongeneesli­ke siektes te behandel.

DIE ONSKULD VAN DIE JEUG

Die jongelinge ly aan alles, van vergrote harte tot dwelmgebru­ik, amputasies en anoreksie. Hulle is sterwend, maar probeer jy dit vir hulle vertel. Hulle is jonk en wil net pret hê, soos in episode 13 – Charlie speel videospele­tjies in sy bed, en ’n ander paar met sistiese fibrose glip weg vir ’n vinnige soensessie in die lykshuis, “want niemand kom in die aand hiernatoe nie”, of so dink hulle. Uitgevang! Maar hulle het steeds net pret!

ELLENDE SOEK ’N MAAT

Iets wat merkbaar is in die 13 episodes is die pasiënte se ouers is nie heeldag en -nag langs hul bed nie. Dis omdat hulle werk om vir die mediese behandelin­gs te betaal. So waar laat dit die kinders? Om vriende te maak met mekaar. Mediese reekse soos Grey’s Anatomy (2005-nou; seisoene 1-11 is op ShowMax) draai rondom die dokters en hul verhouding­s, maar dis veel meer pret om te kyk hoe die kinders praat – baie reguit – oor hul toestande terwyl hulle hul beste pel vir die dag vind.

STER-MAG

En asof dit nie genoeg is nie, is daar hope talent. Octavia Spencer (Constance in Ugly Betty, 2006-2010; al vier seisoene is op ShowMax) speel die pediatries­e hoofverple­egster Dena Jackson wat die chaos onder beheer probeer hou. Dave Annable (Justin Walker in die dramareeks Brothers & Sisters, 2006-2011) is die chirurg dr. Adam McAndrew. En Steven Spielberg (uitvoerend­e vervaardig­er van Band Of Brothers, 2001; al 10 episodes is in die ShowMax-katalogus) is ook die uitvoerend­e vervaardig­er van Red Band Society.y

D Die internet-TV-diens S ShowMax gee ’n 90-daein intekening ter waarde va van R297 vir een gelukkige Sho ShowMax-intekenaar weg. ShowMax se groeiende katalogus is propvol beste reekse, flieks, dokkies en kinderprog­ramme om te bingekyk! Moenie vergeet nie – jy kan Wi-Fi enige plek gebruik om tot 25 programme op jou slimfoon of tablet af te laai en dit later kyk. Om in te skryf, SMS die antwoord op die vraag hieronder vóór 15 Maart 2017 na 35982. SMS’e kos R1,50 elk. Watter internet-TV-diens gee ’n 90-dae-intekening weg?

WAT IS SHOWMAX?

ShowMax is Afrika se grootste internet-TV-diens, met duisende reekse, flieks en dokkies wat beskikbaar is vir binge-kyk teen net R99 per maand. Jy kan soveel ShowMax-reekse kyk as wat jy wil, sonder beperkings. Jy kan een maand betaal en die volgende jou intekening kanselleer, en dan weer inteken wanneer jy gereed is. Dit hang van jou af. Gaan na www. showmax.com om in te teken vir ’n gratis proeftyd van twee weke!

 ??  ?? Red Band Society gee mediese reekse ’n nuwe voorkoms en gevoel.
Red Band Society gee mediese reekse ’n nuwe voorkoms en gevoel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa