TV Plus (Afrikaans)

Aandagafle­ibaar

Die besige Vanessa en Xander skeep hul dogter Karmen af.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Dis enige ouer se droom om ’n suksesvoll­e loopbaan en ’n gelukkige gesin te hê. Maar soms is dit nie so maklik om ’n balans te handhaaf nie. Dis presies die penarie waarin Vanessa (Ingrid Paulus) en Xander ( Theo Jantjies) Meintjies hulself bevind. Die paartjie is so vasgevang in hul werkverant­woordelikh­ede dat hulle op Maandag 20 Februarie met ’n skok besef hulle het hul vierjarige dogtertjie, Karmen (Gabrielle Linton), in die kar vergeet!

AMBISIEUSE MA

Vanessa se ambisie het aansienlik verander sedert haar dae as ’n assistent in die T&T-sportwinke­l in 2000. Sy het mettertyd baie ervaring opgedoen, en kon ook geld wegsit. Dit het haar in staat gestel om in Julie verlede jaar die geleenthei­d s beplanning­s maatskappy Bruynwaves by die vorige eienaar, Altus de Bruyn (Heino Schmitt), te koop.

“Vanessa is baie trots op die feit dat sy dit reggekry het om ’n sakevrou uit eie reg te word,” vertel Ingrid. “Maar tans is sy onder baie druk en is te hardkoppig om te besef haar huwelik en kind is besig om daaronder te ly.”

BEKOMMERDE OUMA

Vanessa hardloop vroegoggen­d op Woensdag 15 Februarie by Oppiekoffi­e in en smeek haar ma, Charmaine ( Vinette Ebrahim), die eienaar van die koffiewink­el, om die middag na Karmen te kyk. “Sy voel baie sleg om Karmen weer eens by haar ma te los, maar sy het ’n klomp werk wat sy nie met ’n kind by haar kan doen nie,” verduideli­k Ingrid.

Charmaine stem in en Xander doen die aflaaiwerk, want Vanessa kan nie wegkom van die kantoor af nie. Xander koop ’n melkskomme­l vir sy dogter, maar moet hul tyd saam kortknip want sy foon lui – hy het ’n belangrike afspraak in sy dagboek vergeet en moet nou ’n kwaai kliënt gaan kalmeer.

Charmaine kyk bekommerd toe wanneer Xander soos ’n warrelwind by Oppiekoffi­e uitskarrel.

MOEILIKE KIND, MOEILIKER VROU

Karmen is neulerig wanneer Vanessa die volgende dag, op Donderdag 16 Februarie, weer douvoordag vir werk uit die huis moet wees en pa Xander haar weer eens by Charmaine gaan aflaai. Maar Xander is die week nie net in die moeilikhei­d by sy dogter nie – sy vrou gee hom ook opdraande op Vrydag 17 Februarie omdat hy haar kwansuis nie betyds wakker gemaak het nie. “Vanessa is ontstoke, want nou gaan sy laat wees vir werk,” sê Ingrid. Vanessa kyk die spesiale verrassing­sontbyt in die bed mis wat Xander met groot moeite vir haar gemaak het.

Later die dag erken Xander aan sy kollega, die prokureur André (Marcus Muller), dit voel of sy huwelik besig is om uitmekaar te val. En hy voel dit begin die skeisaak waaraan hy werk, beïnvloed.

GOEIE BEDOELINGS EN SLEGTE GEVOLGE

Ná ’n ongemaklik­e naweek – waarin sowel Vanessa as Xander sukkel om iets vir mekaar te sê oor dit wat pla – kyk hulle mekaar op Maandag 20 Februarie in die oë en stem saam hulle moet harder aan hul huwelik werk.

Maar dit gaan moeilik. Dieselfde aand neem hulle Karmen na ’n restaurant om as gesin tyd saam deur te bring, maar net wanneer hulle tuis kom is hul aandag weer verdeeld en vergeet hulle haar in die kar. “Vanessa tap vir Karmen ’n lekker warm bad, maar wanneer sy haar kind soek besef hulle Karmen is skoonveld. Hulle kan haar nêrens in hul dakwoonste­l kry nie,” vertel Ingrid.

Pleks daarvan om as ’n span saam te werk en verantwoor­delikheid vir hul fout te aanvaar, neem die egpaar mekaar kwalik vir wat gebeur het. Ons hoop hulle kan hierdeur werk, want die Laan kan nie nog ’n gebroke huwelik bekostig nie.

 ??  ?? Vanessa se kop is net by haar werk by Bruynwaves. Xander is nie in sy vrou se goeie boekies nie.
Vanessa se kop is net by haar werk by Bruynwaves. Xander is nie in sy vrou se goeie boekies nie.
 ??  ?? Charmaine is meermale Karmen se oppasser.
Charmaine is meermale Karmen se oppasser.
 ??  ?? Karmen soek aandag.
Karmen soek aandag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa