TV Plus (Afrikaans)

Wraakplann­e

Rickus ontsnap uit die psigiatrie­se eenheid om sy onskuld te bewys.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Frustrasie en teleurstel­ling – dis wat Rickus (André Lotter) tans voel oor sy gesin se wantroue in hom. Hulle glo dat hy weer met dwelms deurmekaar is, maar al wat hy eintlik wil doen is om Justin (Dann-Jacques Mouton), sy suster Alexa (Carina Nel) se kêrel, se verraad te ontbloot. Rickus is op Vrydag 10 Februarie na ’n psigiatrie­se eenheid gestuur, maar op Woensdag 15 Februarie het hy genoeg van die plek gehad en ontsnap! Daarna werk hy aan sy wraakplan om Justin te ontmasker en kry sy neef Willem (Markus Haywood) om hom in die geheim te help.

WAARHEID SAL SEËVIER

Rickus het begin Februarie op ’n mediese rekening afgekom van Justin se eksverloof­de, Amanda (Carina Nel) – Justin het almal vertel Amanda is oorlede. Toe Rickus ondersoek instel, het hy Amanda in ’n inrigting opgespoor en gesien sy lyk presies soos Alexa! Maar toe hy sy gesin op Donderdag 9 Februarie saamneem, was Amanda skielik nie meer daar nie. Rickus se teleurstel­ling verander in aggressie, en sy gesin het hom in die psigiatrie­se eenheid laat opneem. “Rickus is seergemaak omdat sy gesin dink hy het sy varkies verloor,” sê André. Maar as sy planne werk, glo Rickus die waarheid sal uitkom.

OPROEPEOP EN PANIEK

In Intussen is Justin paniekerig, w want hy kry dreigbriew­e en v vreemde oproepe. André b bevestig dis Rickus wat J Justin treiter. “Hy het sy me mes in vir Justin, want Justin ht het die saadjie by Rickus se gesin geplant dat Rickus dalk weer met dwelms deurmekaar is. Rickus is vasbeslote om Justin te laat boet,” sê André. Rickus breek op Donderdag 16 Februarie by Justin se woonstel in en steel sy skootreken­aar, maar hy kry geen leidrade of bewyse nie.

VRYWILLIGE WERKER

Maar Rickus gaan nie ophou krap nie en die volgende week, op Maandag 20 Februarie, kry hy vrywillige­rwerk by die inrigting waar Amanda is. “Hy wil alles oor haar uitvind en hopelik haar vertroue wen, sodat sy haar gesig aan sy gesin sal wys en die waarheid oor Justin kan uitkom,” sê André.

Maar Amanda kan dalk haar eie agenda hê . . .

 ??  ?? Justin kry dreigbriew­e. Rickus het genoeg gehad en wil Justin laat boet.
Justin kry dreigbriew­e. Rickus het genoeg gehad en wil Justin laat boet.
 ??  ?? Amanda was in ’n koma.
Amanda was in ’n koma.
 ??  ?? Alexa wil Rickus nie glo nie.
Alexa wil Rickus nie glo nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa