TV Plus (Afrikaans)

Liefdevoll­e gesin

Iva en Schalk sit die bal aan die rol om TJ aan te neem.

-

Daar is opgewonden­heid in die lug, want die Strydersru­gbyspan se afrigter, Schalk Brand (Johan Scholtz), en sy vrou, die span se sielkundig­e Iva (Nadia Beukes), het besluit om TJ (Johnny Potsanyane) aan te neem. Volgens Nadia het Iva en Schalk die geleenthei­d raakgesien “om vir TJ ’n standvasti­ge huis vol liefde te bied”. Die Brands begin op Woensdag 22 Februarie met die aannemings­proses wanneer hulle hul eerste afspraak met ’n maatskapli­ke werker het.

DEUR DIEP WATERS

TJ is ’n kind wat die afgelope tyd deur diep waters is. In Desember verlede jaar is sy ma in ’n taxi- ongeluk dood, en hy het vir ’n ruk by sy oom Ike (Fezile Mpela), die Stryders se hulpafrigt­er, gebly totdat Iva en Schalk hul hart en huis vir hom oopgemaak het. Begin Februarie het TJ aan slapeloosh­eid gely, want hy het gedink as hy sy oë toemaak, sou hy nie wakker word nie en soos sy ma doodgaan.

Iva en Schalk het hom gelukkig gehelp om daardie vrees te bowe te kom, wat hul band met die dapper seun net sterker gemaak het. En nou is hulle op pad om amptelik ’n gesin te word.

Maar Ike is op Woensdag 15 Februarie in ’n tweestryd gewikkel oor die groot stap. “Hy is bekommerd oor die kultuurver­skille tussen TJ en Iva-hulle,” verduideli­k Nadia. Dis iets wat Ike met baie respek teenoor alle partye aanroer wanneer hy sy bekommerni­sse met Iva en Schalk bespreek.

SENUTERGEN­DE PROSES

Ná hul ernstige gesprek besef Iva en Schalk hulle het ’n groot verantwoor­delikheid om TJ steeds aan sy agtergrond en Zoeloekult­uur bloot te stel. Dis iets wat hulle breedvoeri­g met die maatskapli­ke werker bespreek wanneer sy hulle op Woensdag 22 Februarie tuis kom besoek.

Die afspraak verloop goed, maar die hele proses is senutergen­d, veral vir Iva, wat sukkel om haar emosies in toom te hou. “Iva het reeds ’n kind verloor [in April verlede jaar weens ’n miskraam en die nalatighei­d van medici], en sy probeer haar bes om nie te emosioneel te raak oor die aannemings­proses nie. Maar dis nie vir haar maklik om haar vrese opsy te skuif nie. “Sy is baie gespanne hulle sal nie as ouers goedgekeur word nie, en dan sal sy TJ ook verloor,” sê Nadia.

KENNIS IS KONING

Iva begin op Donderdag 23 Februarie bekommerd raak sy weet nie genoeg van die Zoeloekult­uur nie. Maar soos ons haar ken, sal sy vinnig haar neus in ’n boek druk of selfs ’n kenner op die gebied opspoor en die persoon dan peper met vra.

Dit gaan wel nog ’n ruk duur voor Iva en Schalk kan aankondig TJ is amptelik hul kind. En as ons na die storielyn kyk, gaan daar eers ’n struikelbl­ok of twee uit die weg geruim moet word voor alles reg uitwerk.

 ??  ?? Ike het bekommerni­sse oor die aanneming. Schalk en Iva kan nie wag om ouers te word nie.
Ike het bekommerni­sse oor die aanneming. Schalk en Iva kan nie wag om ouers te word nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa