TV Plus (Afrikaans)

Op die rotse?

’n Steelvideo maak dinge moeilik tussen Lorette en Blitz.

-

Hulle is miskien mekaar se teenpole – die boekwurm Lorette Bekker (Ilse-Lee van Niekerk) en die befaamde rokjagter en Strydersru­gbyspeler Blitz Vermeulen ( Werner Coetser) – maar die twee, wat sedert September 2016 saam is, tel nou as een van ons gunsteling­paartjies tesame met die rugbyspele­r Reitz (Sean van Noordwyk) en sy pompondans­eres Sasha (Anlia van Rensburg). Helaas kom krap ’n steelvideo, wat op Maandag 20 Februarie uitgesaai word, sake deurmekaar vir Lorette en Blitz . . .

DIE PRYS IS PYN

“Een ding wat jy nie moet doen nie, is om met iemand te mors wat vir Blitz belangrik is,” sê Werner. “Veral as dit by sy meisie kom. Daarvoor sal jy moet betaal – en die prys is pyn.” En dis presies wat gebeur wanneer Blitz ’n Stryderspa­nmaat op Dinsdag 14 Februarie ’n opstopper gee nadat hy ewe nonchalant aan Lorette se boud gevat en met haar flankeer het in Pottie se kroeg. Lorette is onkant gevang deur die situasie, en al is sy bly Blitz het vir haar opgestaan, hou sy niks van geweld nie.

Sy praat ernstig met Blitz daaroor op Woensdag 15 Februarie, en laat hom verstaan hy moet meer oor sy optrede nadink en nie altyd impulsief reageer nie. “Maar Lorette besef ook hy het dit uit liefde gedoen om haar te beskerm en te bewys hy gee om,” sê Ilse-Lee.

Wat hulle nie weet nie, is die onderonsie is skelm opgeneem, en op Maandag 20 Februarie word dit op die sportkanaa­l Sportikon uitgesaai, met negatiewe gevolge.

DEEL VAN RUGBY

Blitz vind op Dinsdag 21 Februarie voor Lorette van die uitsending uit en probeer dit vir haar wegsteek. Maar sy vind wel later die dag daarvan uit.

“Lorette is woedend,” sê Ilse-Lee, “en kan nie glo Blitz het haar nie dadelik daarvan vertel nie. Sy het meer van hom verwag.” Op sy beurt dink Blitz Lorette oorreageer, sê Werner. “Vir hom gebeur hierdie soort goed gereeld. Dis deel van rugby. Hy kan nie verstaan dat Lorette nie begrip daarvoor het nie, en dit veroorsaak konflik tussen hulle.”

VERNEDER EN SEERGEMAAK

Lorette is die volgende dag, op Woensdag 22 Februarie, nog afsydig teenoor Blitz. “Sy voel verneder en seergemaak, want dis haar privaathei­d wat ook ter sprake is,” sê Ilse-Lee.

Is dit die begin van die einde vir Lorette en Blitz? Ilse-Lee dink nie so nie. “Hul liefde is sterk, en ek dink hulle sal gou versoen raak,” verklap sy.

 ??  ?? Harde woorde val tussen Lorette en Blitz.
Harde woorde val tussen Lorette en Blitz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa