TV Plus (Afrikaans)

Nuwe mededinger

Okkie kry ’n gedugte teenstande­r en is bekommerd oor Tonik se toekoms.

-

Die jaar skop allermins op ’n goeie noot af vir Okkie Ferreira (Ben Kruger), Tonik se eienaar. Sy tender vir Bishkoti, die nuwe koffiewink­el in die onkologies­entrum, word op Dinsdag 14 Februarie afgekeur, en hy neem At Koster (Hans Strydom) kwalik. “Okkie voel At is hom steeds vyandigges­ind omdat hy in 2015 vir At aangevat het oor sy verhouding met die veel jonger Ivanka [Leandie du Randt],” verduideli­k Ben.

Op Woensdag 15 Februarie hoor Okkie die eintlike rede waarom hy nie die kontrak gekry nie: dit gaan glo oor swart bemagtigin­g. “Maar Okkie meen dis ’n swak verskoning en dat dit eintlik oor die Ivanka-voorval gaan,” sê Ben.

Wanneer hy Thandi (Jacqui Carpede), die nuwe eienaar van Bishkoti, die volgende dag ontmoet, is Okkie op sy agtervoete. “Thandi hang nie net onnodig rond in Tonik nie, sy het ook die vermetelhe­id om neerhalend­e aanmerking­s oor Tonik te maak, soos dat dit ouderwets is,” sê Ben.

EIEWYS EN NUWE IDEES

Okkie is ongemaklik oor wat Bishkoti vir die toekoms van Tonik gaan beteken. “Die kanse is goed dat Tonik se gereelde kliënte aanvanklik uit nuuskierig­heid Bishkoti toe sal gaan. En al kom sy kliënte ná twee of drie maande terug, kan dit Tonik ’n hengse knou gee,” verduideli­k Ben.

Okkie se vrou, Ilse (Hannelie Warren), dink Okkie oorreageer oor die nuwe kompetisie. “Ilse raai Okkie aan om te kalmeer en aan nuwe idees te dink om Tonik te verbeter. Maar Okkie meen Ilse kon hom netsowel aangepor het om die wiel te herontwerp,” sê Ben.

At se halfbroer Louis (Germandt Geldenhuys), wat Okkie met sy aansoek vir die tender gehelp het, bied weer sy hulp aan. “Louis dink Okkie moenie aan Tonik se wenresep karring nie, maar iets nuuts soos ’n juice bar probeer.” Okkie is soos gewoonlik eiewys en hardkoppig, maar besluit om Louis se voorstel op die proef te stel. Intussen hang Thandi nog tydig en ontydig in Tonik rond, en Okkie begin wonder hoeveel van sy idees sy gaan steel.

SUKSESVOLL­E SAKEVROU

Thandi moet beslis nie onderskat word nie, vertel Jacqui. Thandi is eers nie bewus van Okkie se vyandighei­d nie. “Sy het net soos haar teenstande­rs ’n aansoek vir ’n tender ingedien en dit wettig gekry. En sy’s nou van voorneme om van Bishkoti ’n suksesvoll­e restaurant te maak,” sê Jacqui. Thandi wil die die plek stylvol en modern maak. “Deftiger as Tonik,” sê sy. Maar sy trek nie haar neus vir Tonik op nie. “Thandi dink Tonik is knus en warm, maar moet opgeknap word om tred te hou met die tyd,” sê Jacqui.

Gaan Okkie dit kan doen? Dit sal ons nie verbaas nie. Ons ken hom as iemand wat nie sommer gaan lê nie – veral nie as hy op sy eie speelveld meeding nie.

 ??  ?? Okkie kwel hom oor die nuwe restaurant Bishkoti.
Okkie kwel hom oor die nuwe restaurant Bishkoti.
 ??  ?? Jacqui Carpede.
Jacqui Carpede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa