TV Plus (Afrikaans)

Lewensgeva­ar

Herman speel speurder, maar word oor die kop geslaan en verval in ’n koma.

-

Ai tog, sake lyk ál slegter vir die Du Preezs. Nadat Markus (Lieb Bester), Jana (Brümilda van Rensburg) se eksman, skielik op die toneel verskyn het en sy vrou Chantal (Natasja Jacobs) op Dinsdag 7 Februarie soos ’n groot speld verdwyn het, wys die vingers na Markus. “Daar is bloed in Markus se kamer gevind [op Woensdag 8 Februarie] en mense wonder of Markus sy vrou vermoor het,” vertel David Konrad (Herman).

Herman wil dadelik ingryp om pa Markus te help en uit te vind wie soveel geld van hom eis. “Hoewel hul verhouding al die jare wankelrig was, besef hy sy pa het sy hulp nodig,” vertel David. Op Woensdag 15 Februarie kry Herman snuf in die neus dat iemand anders by Chantal se verdwyning betrokke is.

“Herman besluit om verder ondersoek in te stel,” vertel David. Maar hy besef nie hy het met ’n hoogs gevaarlike ou te doen nie. “Die persoon wat hy agtervolg, is op sy hoede en lei hom in ’n lokval – sonder dat hy weet wie Herman is.”

PANDEMONIU­M

Die gevaarlike skurk, wie se naam ons nie mag verklap nie, slaan hom oor die kop, en Herman beland bewusteloo­s in die hospitaal. Markus en Karli is baie bekommerd. Dan kom daar nog ’n terugslag – Herman kry ’n aneurisme (’n aar wat in die brein swel) en moet ’n noodoperas­ie ondergaan. “Herman is stabiel ná sy operasie, maar Jana en Karli wonder of hy ooit gaan bykom.”

Op Maandag 20 Februarie erken ’n bekommerde Tertius aan Conrad Herman se lewe hang aan ’n draadjie. Herman het dalk net té na aan die waarheid gekom en kan met sy lewe daarvoor boet.

 ??  ?? Herman se lewe hang aan ’n draadjie . . .
Herman se lewe hang aan ’n draadjie . . .
 ??  ?? Herman is bewusteloo­s nadat ’n boosdoener hom oor die kop geslaan het.
Herman is bewusteloo­s nadat ’n boosdoener hom oor die kop geslaan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa