TV Plus (Afrikaans)

Vars briesie

Suidooster-Eiendomme kry ’n nuwe kantoorass­istent.

-

’n Nuweling waai by Ruiterbosc­h in en maak haarself op Donderdag 15 Februarie by Suidooster-Eiendomme tuis. Danielle ( Vashti Prins) is die nuwe kantoorass­istent, maar die mooi meisie met die sprankelen­de persoonlik­heid het ’n paar geraamtes in haar kas. Die 22-jarige Vashti vertel ons meer:

Wie is Danielle? Sy is nog jonk en ambisieus, is toeganklik en mense kom maklik oor die weg met haar. Danielle se werk is vir haar belangrik en sy wil graag haar baas en kollegas beïndruk. Sy wil raakgesien word, maar is effens naïef oor die lewe. Wat was jou reaksie toe jy einde verlede

jaar hoor jy het die rol losgeslaan? Dis my eerste sepierol en ek was verheug! Ek het dit glad nie verwag nie, want ek was oortuig daarvan my oudisie het sleg verloop. Toe my agent my sê ek het die rol gekry, het ek gedink sy bak my ’n poets. Maar toe sy my verseker dis wel waar, was ek geskok en dit het ’n rukkie geneem voor die werklikhei­d ingesink het.

Wat onthou jy van jou eerste dag op stel in November 2016? Ek was gespanne en opgewonde, want ek het geweet ek gaan baie leer. Almal was baie hulpvaardi­g en ek het dadelik welkom gevoel. Maar dit was aanvanklik ook vreemd, want daar is baie tegniek betrokke wat jy as groentjie nie noodwendig weet nie.

Met wie het jy al pelle gemaak? Ek het vinnig met Marco Spaumer (Tim) gekliek en ons het goeie vriende geword – veral omdat ons in baie tonele teenoor mekaar speel. Dan is daar Eden Classens (Justin, wat ons in Maart op die kassie gaan sien), met wie ek goeie pelle geword het. En natuurlik Abduraghma­an Adams (Ian) – wat dit so spesiaal maak, is dat hy in ’n stadium vir my klas gegee het. Jill Levenberg (Mymoena) het my gou tuis laat voel en is die vriendelik­ste mens op aarde. Die wonderlike ding van Suidooster en sy klein rolverdeli­ng is dat jy vinnig met almal vriende maak, en dit voel werklik soos ’n familie waarvan jy deel word. Hoe dink jy gaan kykers Danielle ervaar met haar toneel op 15 Februarie? Ek hoop die kykers gaan van haar hou, want sy is aangenaam en ’n vars briesie in die kantoor wat dalk die ritme tussen die karakters kan versteur. Vir lank het

die kantoordin­amika gedraai rondom Rhafiek (Irshaad Ally), Nicci (Gerwen Simon) en Tim, asook Lee-Ann (Portia Joel) en Ian, en iemand nuuts gaan beslis uitdagings vir almal veroorsaak. Van die karakters het immers verskuilde agendas en nuwe bondgenoot­skappe kan dalk gevorm word. Wat kan jy ons vertel oor die geheim wat

Danielle wegsteek? Ongelukkig kan ek niks verklap nie, want mense sal moet kyk om uit te vind wie die nuwe meisie in Ruiterbosc­h is. Maar soos almal het Danielle ’n verlede en is daar goed waaroor sy skaam is, en sy wil nie hê mense moet daarvan weet nie. Sy probeer voorgee sy het selfvertro­ue en weet wat sy in die lewe wil hê, maar ’n mens moet in gedagte hou sy is nog jonk en onervare . . . Is daar ’n moontlikhe­id dat Danielle en Tim meer as net vriende kan wees? Danielle vang dadelik Tim se oog, maar sy gee voor sy is nie op soek na liefde nie. Tog is daar ’n aantrekkin­gskrag tussen hulle wat sy en Tim nie kan ignoreer nie. Hoekom hou Nicci nie van Danielle nie? Nicci beskou Danielle as ’n jong mooi gesiggie wat ’n junior by Suidooster is. En met alles wat al tussen Nicci en Tim gebeur het, is Nicci op haar hoede vir enige moontlike romanse tussen Danielle en Tim. Danielle kan nie net persoonlik nie, maar ook profession­eel vir haar ’n bedreiging wees. Wat is Danielle se reaksie wanneer sy op Woensdag 22 Februarie van die liefdesdri­ehoek tussen Rhafiek, Nicci en Tim hoor? Dis vir haar interessan­te nuus en dit laat haar dinge in die kantoor in ’n ander lig sien. Op ’n manier maak Nicci se afguns teenoor haar meer sin. Is Danielle beïndruk met die Du Plooys se huis wat op Dinsdag 28 Februarie haar tuiste word? Dit bring haar nader aan Tim en dit laat haar voel sy skakel meer in by die mense van Ruiterbosc­h. In watter lig beskou Danielle Ian – haar

baas? Ian het altyd ’n sterk teenwoordi­gheid en sy is op haar hoede vir hom. Maar hoewel hy baie sjarmant kan wees, bly Danielle versigtig – hy is immers die baas. Sy besef gou dis belangrik om hom tevrede te hou en hom nie verkeerd op te vryf nie.

 ??  ?? Danielle is ’n oulike meisie, maar sy steek ’n geheim weg.
Danielle is ’n oulike meisie, maar sy steek ’n geheim weg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa