TV Plus (Afrikaans)

Waarheid moet uit

Smanga is oorgehaal om die wêreld te vertel hy is die baba se pa, nie Mazwi nie.

-

Die lewe lyk tans perfek vir die gekwelde Sphe (Pearl Monama) en haar man, Mazwi (Musa Ngema). Hy weet steeds nie sy broer Smanga (Moopi Mothibeli) het Sphe swanger gemaak nie, en Sphe is uiteindeli­k die enigste vrou in Mazwi se lewe nadat hy op Donderdag 2 Februarie van sy skelmpie Nolwazi (Thando Thabethe) ontslae geraak het. Maar wanneer Sphe en Smanga op Woensdag 15 Februarie ’n intieme oomblik deel – sy plaas sy hand op haar maag sodat hy kan voel hoe die baba beweeg – skop sy ouerinstin­k in en wil Smanga deel wees van sy baba se lewe. Pearl sê: “Dis ’n probleem vir Sphe en sy weet nie wat om te doen nie!”

BLY WEG!

Smanga se werk by sy familie se advertensi­emaatskapp­y Ezweni hou hom besig, maar op Maandag 20 Februarie sien oom Tebogo (Joe Mafela) hoe Smanga na Sphe kyk. Omdat Tebogo die een was wat in Oktober 2016 gekonkel het om te verseker die Moroka-stamboom word voortgesit ná hy gehoor het Mazwi is onvrugbaar, weet hy wat nou in Smanga se kop aangaan. En die idee dat Smanga alles wil onthul, maak Tebogo vreesbevan­ge. Die situasie bereik byna breekpunt op Donderdag 23 Februarie wanneer Mazwi teen sy broer uitvaar omdat hy sien hoe Smanga met Sphe gesels. Maar Smanga byt op sy tong. “Hy word gemartel [deur die leuen te dra] en voel dis beter om die waarheid as ’n leuen te lewe. Dis net tydsbereke­ning vir hom,” verduideli­k Moopi.

VAL IN DIE PAD

Oom Tebogo voel hier kom ’n ramp en vra Sphe op Maandag 27 Februarie om vir ’n rukkie weg te gaan. “Maar sy sê vir hom weggaan gaan nie keer dat Smanga vir Mazwi die waarheid vertel nie,” onthul Pearl. “Dit maak nie saak of sy daar is of nie – hy gaan Mazwi vertel hy het haar swanger gemaak!”

BLY STIL VIR ALTYD?

Smanga voel dis tyd dat hy erkenning kry vir al die dinge wat hy vir die familie gedoen het, wat nou insluit om vir hulle die allerbelan­grike erfgenaam te gee. Maar hy weet ook wat dit vir Mazwi en die Morokas sal beteken as hy die skandaal bekendmaak. Dit sal die reeds brose bondgenoot­skap tussen hulle en Sphe se familie, die Mabaso’s, vernietig. Moopi voeg by: “Die hele ding was van die begin af ’n fout.”

 ??  ?? Smanga voel sy baba skop en wil ’n pa wees, ongeag wat die gevolge kan wees. Oom Tebogo is die middelpunt van die drama.
Smanga voel sy baba skop en wil ’n pa wees, ongeag wat die gevolge kan wees. Oom Tebogo is die middelpunt van die drama.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa