TV Plus (Afrikaans)

Dis nie myne nie!

’n Yslike skok wag op Mangi wanneer hy die eerste keer na sy langverwag­te kind by Dintle kyk.

-

Mangi Nyathi (Kagiso Modupe) se emosies was in ’n warboel sedert sy hoogswange­r vrou, Dintle (Mapaseka Koetle), uiteindeli­k op Dinsdag 14 Februarie huis toe gekom het. Hy het haar nie sedert November 2016 gesien nie toe sy haastig weg is en beweer het haar familie neem haar weg omdat (onder meer) Mangi glo suinig was met haar lobola! “Hy is tog lief vir Dintle, en hy gee om vir die baba wat sy verwag,” sê Kagiso. “Natuurlik is hy nog kwaad vir haar omdat sy ’n affair met sy pa, Lucas (Sello Maake Ka-Ncube) gehad het,” voeg Kagiso by. Maar Mangi se geluk gaan van korte duur wees wanneer die baba se koms hom verneder laat.

PASGEBORE PROBLEEM

Nes Mangi soveel belangrike dinge oor die baba misgeloop het, is hy ook nie daar met die geboorte op Donderdag 16 Februarie nie. “Hy is weg en by ’n konferensi­e,” verduideli­k Kagiso. Dit pas Dintle eintlik goed, want sy sien dadelik ’n probleem raak toe sy die eerste keer na haar pasgeboren­e kyk. Dit gee haar tyd om ’n storie uit te dink om Mangi weer eens om die bos te lei. Dintle gee “hul” baba vir “die pappa” om die eerste keer vas te hou. Mangi voel vir ’n paar sekondes soos ’n pa. “Dis wonderlik vir hom om die baba die eerste keer vas te hou,” sê Kagiso. Maar dan kyk hy af op die klein gesiggie in die pienk kombersie . . .

WIE’S JOU PAPPA?

Pleks van liefde met die eerste oogopslag, oorweldig verwarring en teleurstel­ling Mangi. “Dis soos wanneer ’n mens verwag het om warmte en geluk te voel. En dan gebeur dit nie,” verduideli­k Kagiso. “Mangi gee die baba een kyk en besef die kind lyk nie soos hy nie.” Eers is hy te geskok om selfs Dintle te konfrontee­r. “Dis wanneer hy besef hy is bedrieg en dit gaan nie eens oor Dintle se affair met sy pa nie. Dit strek veel dieper as dit.”

OP ’N MISSIE

Pleks dat hy foto’s van die pasgebore baba twiet, is Mangi op die oorlogspad om die regte pa te vind. Die man wat daarvan gedroom het om ’n pa te word, moet nou in die openbaar erken hy is vir die gek gehou terwyl hy sy vrou se geheime minnaar soek, sê Kagiso. “Hy ondervra iedereen wat moontlik die pa kan wees. Maar die waarheid gaan vinnig uitkom en dit sal hom selfs meer skok,” verklap Kagiso.

 ??  ?? Dis ’n groot en (on)gelukkige oomblik wanneer Dintle die baba vir Mangi gee om vas te hou.
Dis ’n groot en (on)gelukkige oomblik wanneer Dintle die baba vir Mangi gee om vas te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa