TV Plus (Afrikaans)

Storm in die kombuis

Katlego se ou liefde kan sy stomende verhouding met Candice laat afkoel.

-

Liefde is die hoofbestan­ddeel vir die kulinêre studente Katlego en Candice (Patrick Seleka en Liza van Deventer), wat op pad Kaapstad toe is as wenners van die leerkursus by hul kookskool. Hulle ontmoet nie net hul gunsteling­kok, sjef Francesco (David Dukas), op Woensdag 15 Februarie nie, maar “dis ook hul eerste tyd saam, weg van familie en vriende”, sê Patrick. Hy voeg by: “Hulle leer mekaar ken en geniet hulself.” Maar die pret hou nie lank nie wanneer die stres in die kombuis later die dag te warm word, en hulle oor niks saamstem nie. Liza sê hulle word gedwing om as ’n span saam te werk en “dis nie maklik nie. Hul nuwe verhouding word getoets en hulle probeer mekaar deur hul rusies beter verstaan.”

VERKEERDE BESTANDDEE­L

Hul resep vir die liefde kry later die dag die verkeerde bestanddee­l by wanneer Kat sy vurige eksmeisie Botshelo (Neo Ramitshana) raakloop, en hulle maak planne om mekaar te sien terwyl hy in Kaapstad is. “Kat dink nie veel daarvan nie. Hy is opgewonde om Botshelo weer te sien en besef nie hy gee haar aanleiding nie,” sê Patrick. Kat het Botshelo in Augustus 2014 gelos nadat hy haar saam met ’n ouer man in ’n kar gesien het, en dit was die laaste keer dat hulle met mekaar gepraat het. “Hy het haar vir ’n lang tyd nie gesien nie en dink sy lyk goed,” vertel Patrick.

Candice is die volgende dag, op Donderdag 16 Februarie, allesbehal­we beïndruk wanneer sy en Kat die Kaap besigtig en in Botshelo vasloop. “Candice is geskok! Sy het niks van Kat se vorige verhouding­s geweet nie en sy is dadelik jaloers en onseker van haarself,” sê Liza. Sy probeer haar besitlikhe­id wegsteek, maar dis moeilik om haar ongeërg te hou.

BITTER KANT

Botshelo sê vir Kat sy het gewag dat hy bel – en Candice dink sy moet met hierdie meisie meeding. “Candice is verpletter. Sy het haar eks Morne [nie op skerm gesien nie] afgesê [in Augustus 2016] om Kat se onthalwe. Sy is woedend omdat Kat met ander meisies praat,” sê Liza. Candice wys op Maandag 20 Februarie ’n bitter kant vir Kat wanneer sy reëls neerlê en Liza sê: “Dis nie die jaloesie wat praat nie. Candice wil nie voel sy word gebruik nie.”

Dit voel soos ’n wipwarit vir Kat en Candice, maar teen Vrydag 24 Februarie is Kat oortuig daarvan sy is die meisie vir hom, niemand anders nie. “Hul verhouding het ’n knou weg, maar Kat sê vir Candice om Botshelo te ignoreer, soos hy doen,” sê Patrick.

 ??  ?? Kat en Candice baklei tydens hul Kaapstad-besoek.
Kat en Candice baklei tydens hul Kaapstad-besoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa