TV Plus (Afrikaans)

Gelukkig vir altyd?

Gabriel en Nikiwe se Valentynsv­erlowing is op die voorgrond.

-

Die pastoor wat ’n twyfelagti­ge konkelaar geword het, Gabriel (Aubrey Poo), is gereed om te trou en net een vrou is goed genoeg: die skatryk Sibeko Gold-erfgenaam Nikiwe (Linda Sokhulu). En met die Valentynsb­al op Woensdag 15 Februarie het Gabriel die perfekte plek waar hy die jawoord gaan vra.

SAL JY MET MY TROU?

Aubrey sê wanneer Gabriel op die een knie kniel, geniet Nikiwe dit. “In ware Gabriel-styl is dit ’n spoggerige affêre en almal kyk toe. Hy sou uiters in die verleenthe­id gestel wees as sy nee sou sê!” Maar haar antwoord is ’n besliste “ja”. Al juig die meeste van die kykers die paartjie toe, is daar een persoon wat nukkerig is: Nikiwe se ekskêrel S’khu (Sisa Hewana), wie se hart gebreek is. “Hy het teen Gabriel verloor en hy kry seer,” sê Aubrey. “S’khu moet vrede maak met Nikiwe se keuse.”

NIE SO GESEËND NIE

Die volgende dag, op Donderdag 16 Februarie, is Nikiwe se pa, Lincoln (Lindani Nkosi), woedend wanneer hy hoor sy dogter is verloof aan ’n bedrieër “wat benede hulle is”. Aubrey verduideli­k: “Lincoln haat Gabriel, want hy het nie dieselfde finansiële status as die Sibeko’s nie. Gabriel het yson (Shona Ferguson) gehelp om die vermoorde Katlego (Kgomotso Christophe­r) se oorskot [in Desember 2016] te vind, wat as bewys in Lincoln se verhoor gebruik gaan word.” Ondanks Nikiwe wat niks van Lincoln as moordenaar op Dinsdag 24 Januarie wil weet nie, dra Lincoln steeds sy dogter se belange op die hart – en hy probeer haar op Vrydag 17 Februarie intimideer deur vir haar te sê hy sal haar uit die familiebes­igheid skop.

SLEGTE BEDOELINGS

Nikiwe hou nie van die gedagte om uitgeskop te word nie en op Maandag 20 Februarie heroorweeg sy haar verlowing, maar dit gaan Gabriel nie keer nie, soos Aubrey sê: “Hy is ’n man met ’n plan. ’n Deel van hom is werklik lief vir Nikiwe, maar die ander deel gaan alles oor die moontlike finansiële voordeel wat hy by haar kan kry.” Aubrey voeg by: “Gabriel maak mooipraatj­ies en hy weet wat om te sê en wanneer om dit te sê . . . ”

IN DIE HOF

Lincoln se verhoor begin op Maandag 20 Februarie en dit gaan nie maklik wees nie. Buiten dat hy Nikiwe en haar verloofde saam in die hof sien, sal sy swaer op Maandag 27 Februarie teen hom getuig.

 ??  ?? Nikiwe soek vir Gabriel by die Valentynsb­al. Gabriel maak gereed om die groot vraag te vra.
Nikiwe soek vir Gabriel by die Valentynsb­al. Gabriel maak gereed om die groot vraag te vra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa