TV Plus (Afrikaans)

Sluwe slang

Nox laat haar ekskêrel Bash na haar man se moordenaar lyk.

-

Dis vir Bash (Siphiwe Mtshali) moeilik om vir sy eksminnare­s Nox (Thishiwe Ziqubu) nee te sê wanneer sy op Woensdag 15 Februarie by hom pleit om haar man te vermoor. “Nox oortuig Bash dat Dan (Phillip Molepo) haar fisiek aanrand. Bash moet haar van Dan red en haar held wees,” sê Siphiwe. Nox is so opreg, Bash vergeet hoe sy in April 2015 sy hart gebreek en verdwyn het en hoe hy sy lewe reggeruk het. Sy belowe sy sal hom van die geld van Dan se lewensvers­ekeringspo­lis gee wat ná sy dood sal uitbetaal, en op Vrydag 17 Februarie stem Bash in om Dan te skiet.

ONTNUGTERI­NG

“Bash besef nie daar word met sy kop gesmokkel nie,” verduideli­k die akteur en onthul dis eintlik ’n strik. Bash daag op Maandag 20 Februarie op en kom agter Dan is reeds dood, maar weet nie Nox het haar twyfelagti­ge pel K2 (Nhlanhla Masiya) gestuur om die daad uit te voer nie. Voordat ’n verwarde potensiële moordenaar besef wat gebeur, hou Nox en K2 ’n lap wat in chloroform geweek is, oor sy neus en hy verloor sy bewussyn. Wanneer hy bykom op Dinsdag 21 Februarie, is daar ’n vuurwapen in sy hand en die polisie is op pad. “Bash is vasgekeer en besef wat gaan aan. Hy is teleurgest­eld dat Nox, iemand wat hy liefhet, hom weer bedrieg het. Dit ontstel hom.” Siphiwe sê: “Bash word op Dinsdag 21 Februarie in hegtenis geneem maar later vrygelaat, want die wapen wat in sy hand gevind is, is volgens die polisie nie genoeg bewyse om hom aan te hou nie.” Bash begin huil op Woensdag 22 Februarie en Siphiwe sê: “Hy’s in die moeilikhei­d vir iets wat hy nie gedoen het nie.”

NEERSLAGTI­G

Bash vertel sy suster Niki (Nolo Phiri) en eksmeisie Reneilwe (Amo Chidi) op Woensdag 22 Februarie wat gebeur het, en die volgende dag, Donderdag 23 Februarie, vra Niki haar rampokkere­ksman Suffo (Mduduzi Mabaso) om uit te vind wat aangaan. Dis ’n groot guns, want Suffo is nog gegrief omdat Bash en Nox in April 2015 by Suffo se klub Kilowatt gesteel het voordat Nox gevlug het. Maar hy stem in en gaan praat met Nox op Donderdag 24 Februarie, maar die ontmoeting verloop nie goed nie. Die welspreken­de Nox draai Suffo om haar pinkie en dit lyk of Niki en Reneilwe se planne om Bash se onskuld te bewys by die venster uitgevlieg het.

 ??  ?? Die arme Bash laat hom deur sy eksmeisie Nox (inlas) aan die neus rondlei.
Die arme Bash laat hom deur sy eksmeisie Nox (inlas) aan die neus rondlei.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa