TV Plus (Afrikaans)

Susterlike onmin

Katie klap Brooke omdat sy by Bill aanlê – maar die waarheid maak seerder.

-

The Bold And The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 18:00

Bill Spencer (Don Diamont) kan nie ophou fantaseer oor sy skoonsus Brooke (Katherine Kelly Lang) wat nou ook by Spencer Publicatio­ns werk nie. Sy arme vrou Katie (Heather Tom) het nie die vaagste benul wat agter haar rug aangaan nie – totdat sy op Vrydag 17 Februarie by Bill se kantoor wil instap en een van Bill en Brooke se emosioneel gelaaide gesprekke hoor, toe haar suster vir Bill sê: “Jy sal altyd die groot liefde van my lewe bly. Katie mag nooit weet nie.” Verslae strompel Katie in trane weg van die deur. Wanneer Brooke op Dinsdag 21 Februarie vir Katie sê niemand het oor die tou getrap nie, wys Katie haar tereg: “Jy het vir my man gesê jy’s lief vir hom! Jy wou ’n geheim tussen julle hê en dit sluit my uit! Jy weet hy sou my nooit sê nie.”

AASVOËL OP DIE LOER

Daar is nou geen keer aan Katie nie en sy sê vir Brooke: “Dis regtig hartseer dat jy so alleen is. Jy dink jy het ’n kans by Bill omdat ek jou enigste kompetisie is – arme, eenvoudige ekke.” Sy beskuldig Brooke daarvan sy sirkel soos ’n aasvoël om Katie en Bill se huwelik, wagtende dat die hartoorpla­ntingspasi­ënt Katie sterf. Katie is nog nie klaar nie. Sy sê vir Brooke op Donderdag 23 Februarie sy’s afgedank, en voeg by hul familie sou teleurgest­eld in haar wees. Katie sleep selfs Brooke se oorlede nemesis en latere bondgenoot Stephanie Forrester (Susan Flannery) by. “Ek wed jou sy sou sê sy was toe al die tyd reg oor jou. Sy het baklei om jou van haar familie weg te hou. Hierdie behoefte wat jy het om elke man jou oorwinning te maak, dis patologies,” sê Katie, en kry nog ’n steek in: “Jy kan nie net elke man vat wat jy wil hê omdat Pappa jou agtergelaa­t het nie!” En Katie laat haar boodskap insink deur Brooke deur die gesig te klap.

TROOS IN DIE BOTTEL

Hoewel Katie Brooke blameer vir die flirtasie met Bill, is haar gevoel van minderwaar­digheid wanneer sy haar met haar glansryker suster vergelyk, sterker. Katie gryp op Dinsdag 28 Februarie na die bottel om haar sorge en pyn te verdrink – en dit beteken Brooke sal in haar spoor moet trap! “Drank laat Katie toe om al die dinge te sê wat sy al die afgelope vyf jaar opkrop, en sy sal dit op die mees gemene manier doen,” waarsku Heather.

 ??  ?? Katie (regs) het dronkverdr­iet wanneer Brooke weer eens met Bill flirt.
Katie (regs) het dronkverdr­iet wanneer Brooke weer eens met Bill flirt.
 ??  ?? Bill is deur sy eie toedoen in die spervuur.
Bill is deur sy eie toedoen in die spervuur.
 ??  ?? Wyle Stephanie Forrester.
Wyle Stephanie Forrester.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa