TV Plus (Afrikaans)

Mzansi Ma.-Do. 19:30

-

Weekdae Mzansi Magic (*161) 10:30 & 13:30 Sondae Mzansi Magic 13:30

VERLEDE KEER

Gabi wou haar seun terughê van haar ma, en die gyselaar Maru het van Percy weggekom.

15 – 16 FEBRUARIE

Tokelo werk op Mapule se ma, MmeNtsaki, se senuwees wanneer sy haar probeer beïndruk, en Tselane is woedend vir haar ma, Sharon, wanneer sy uitvind Sharon was by die sangoma met Gabi se baba. Sharon is ontsteld deur Tselane se reaksie en soek troos in die bottel, en Gabi is hard aan die konkel teen haar ma en suster omdat hulle die baba se vaderskap bevraagtek­en het. Later eindig ’n verrassing­sparty tjie met ’n belangrike onthulling . . .

20 – 23 FEBRUARIE

Maru is verstom om te hoor Gabi se baba kan ’n Makhetha wees, en hy dring op DNS-toetse aan. Tselane is bekommerd sy het verkeerd opgetree en gaan terug na haar ma om haar te help om dinge uit te sorteer. Sharon sê vir Tselane sy moet ophou emosioneel wees, haarself regruk en dinge regmaak, en Maru is teleurgest­eld omdat Tselane dalk babas by geboorte omgeruil het en voel verraai. Intussen is Morakile en Nqobile verheug dat Maru se lewe geruïneer word, Tokelo het genoeg van MmeNtsaki gehad, en Mapule besef hoekom haar ma Tokelo haat.

27 – 28 FEBRUARIE

Maru het ’n vergaderin­g met ’n regsraadge­wer vir hulp met die baba, en Morakile en Nqobile gaan polisiesta­sie toe om met Percy, wat ondersoek word, te gesels. Die Makhethas kry nuwe inligting oor die gaslek by die hotel en die skade, en Sharon vertel Tselane en Gabi die waarheid oor hul pa.

 ??  ?? WEBWERF: WWW.MZANSIMAGI­C.TV TWITTER: @MZANSIMAGI­C #GREEDANDDE­SIRE INSTAGRAM: @MZANSIMAGI­C
WEBWERF: WWW.MZANSIMAGI­C.TV TWITTER: @MZANSIMAGI­C #GREEDANDDE­SIRE INSTAGRAM: @MZANSIMAGI­C

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa