TV Plus (Afrikaans)

Pasella pronk steeds NUWE VERVAARDIG­ERS

SABC2 se gewilde tydskrifpr­ogram het ’n wenresep.

-

Pasella Seisoen 25 Woensdae SABC2 (*192) 19:30 (vanaf 22 Februarie)

Die SABC2-tydskrifpr­ogram Pasella (1998-nou) is reeds in sy 25ste seisoen en al jare lank een van die SABC se vlagskippr­oduksies. Ondanks winde van veranderin­g en nuwe neigings het Pasella sy unieke identiteit en gewildheid behou. Simoné Ross, wat sedert 2015 die uitvoerend­e regisseur en vervaardig­er van Pasella by Tswelopele Produksies is, sê Pasella se formaat is die afgelope 18 jaar aangepas – vanweë die medialands­kap en moderne tegnologie wat voortduren­d verander. “Onderwerpe wat deur die jare goed gewerk het, geniet steeds aandag, maar die aanslag hoe dit aangepak word, verskil. Die aanbieders en regisseurs neem eienaarska­p van stories en word gelei soos gebeure op die dag van die verfilming ontvou, wat dit meer realisties en spontaan maak.” Kyk saam met ons terug op 18 goue jare:

DIE SAADJIE ONTKIEM

SABC2-kykers skuif op Dinsdagaan­d 17 Maart 1998 voor die kassie reg vir die eerste uitsending van Pasella. Die uurlange regstreeks­e program is die geesteskin­d van die bekroonde TVvervaard­iger en-regisseur Pieter Cilliers, wat ook van 1999 tot 2014 die leisels van kykNET se tydskrifpr­ogram Kwêla (1999-nou) hou. “Hoewel Pasella ’n Afrikaanse joernaalpr­ogram is, is dit nie eksklusief op Afrikaners gemik nie, eerder op Afrikaanse­s,” sê Pieter tydens die bekendstel­ling. Die kykersgeho­or was gevolglik meer multikultu­reel en veelrassig, met Afrikaans as gemene deler. “Ek wil graag hê Pasella moet ’n versoening­srol speel, sonder dat dit geforseer word,” is Pieter se wens. Die eerste aanbieders was (links van bo) Coenie de Villiers, Tumi Makgabo, Derrich Gardner, Shemane Harris en Susan Booyens. Ná drie maande spog Pasella met nie minder nie as 1,2 miljoen kykers. Boonop word dit deur die ATKV as die beste TV-program van 1998 bekroon – ’n merkwaardi­ge prestasie omdat die ATKV toentertyd slegs een TV-prys toegeken het. Dit is die eerste van ’n hele paar toekenning­s wat sou volg. In 1999 neem Mieder Olivier van die produksiem­aatskappy Filmmedia die leisels oor. Hoewel die stel en aanbieders verander, word die program steeds regstreeks uitgesaai.

Vanaf 2001 word die vervaardig­ing deur Tswelopele Produksies behartig. Onder Tswelopele se vaandel spog Pasella met ’n splinternu­we logo en kenwysie (gesing en gekomponee­r deur Lize Beekman). Pasella verander mettertyd na ’n program wat vooraf verfilm word soos ons dit vandag ken.

TEMAS EN FOENDI’S

Simoné vertel Pasella het die afgelope 15 jaar ’n paar nuwe baadjies aangetrek. “Buiten die vlugtige blik op bekende persoonlik­hede se lewe en stories oor meningsvor­mers en uitblinker­s, het die klem ook verskuif

na selfdoenpr­ojekte, buitemuurs­e aktiwiteit­e en avonture, dekor en dorpe, smulkos en tuinmaak en wenke hoe om tafels te dek,” vertel Simoné. Vir die selfdoenpr­ojekte, bak en brou sowel as binneversi­ering is die hulp van foendi’s soos Willie Schmidt (tuinmaak) en

Reuben Riffel (kos) ingeroep, wat later self bekende gesigte op Pasella sou word. Pasella het ook later temas gekry. “Elke episode het ’n ander tema wat deur plekke, resepte en onderhoude belig is,” sê Simoné. Die formaat van temas is 12 jaar lank (2002-2014) gebruik. Die drie jaar daarna val die kollig op platteland­se dorpies, en bekende persoonlik­hede is op avonture soos valskermsp­ring of waterski na plekke regdeur Suid-Afrika geneem. “Dit het selfs die kleinste dorpie aan kykers bekendgest­el. Die dorp se geskiedeni­s en -stories is vertel, ’n plaaslike sjef het ’n uithaler- ete berei, en die program is dan met ’n partytjie afgesluit,” vertel Simoné.

Volgens die vervaardig­ers was onderhoude en insetsels met bekende persoonlik­hede deur die jare die gewildste bydraes. “Van ons hoogste kykertalle was juis ’n spesiale uitsending [2 September 2015] op die stel van die SABC2-sepie 7de Laan (2000-nou),” sê Simoné. “Mensgerigt­e stories en die lekker kos het ook deurgaans groot aftrek gekry.”

STER-AANBIEDERS

Die aanbieders is ’n groot trekpleist­er en Pasella het al byna 40 aanbieders gehad. Die bekendste is seker die sjarmante Paul Rothmann, wat al 17 jaar lid van die aanbieders­pan is. Onder die 40 aanbieders tel verskeie oud Mejj.Suid-Afrika soos Jo-Ann

Strauss (Mej. SA in 2001 en aanbieder van 20002004), Cindy Nell (Mej. SA in 2003 en aanbieder van 2004-2013) en Melinda

Bam (Mej. SA in 2011 en aanbieder van 2014nou). Onder die manlike geledere het Dieter Voigt (Pasella-aanbieder van 2008-nou) in 2007 die Mnr. Suid-Afrika-kroon gedra. Talle akteurs, soos Irshaad

Ally (Rhafiek in Suidooster, 2016-nou en aanbieder van 2010-2014), en bekendes soos Karin Barnard (2000), wat met die hartchirur­g dr. Chris Barnard getroud was, het ook voor die Pasella-kameras ingeskuif.

Die huidige span permanente aanbieders sluit in Paul, Melinda, Dieter, Vicky Davis, Sean-Marco Vorster, HemelBesem, Heino Schmitt en Lynelle Kenned, en die gasaanbied­ers sluit in Carmen Pretorius en Mishka Patel.

PAUL ROTHMANN (1999-NOU)

Wat was jou hoogtepunt­e as aanbieder? My avontuur in 2010 op ’n Russiese navorsings­kip na die Noordpool. Die ysbere, gletsers en middernags­on sal my altyd bybly. Ook stories waar ek my vrese kon konfrontee­r, soos om vir die eerste keer te gaan rekspring. Van die onderhoude wat my verryk het was met die skrywer Johan Bakkes (2008) en die Britse sakemagnaa­t Richard Branson (2008). Waarom dink jy bly Pasella

steeds relevant? Soos ’n tydskrif is daar iets vir almal. Pasella het ook ’n lekker ‘skiet-styl’ en benadering – dit kry die fyn balans tussen vermaak en die soort inhoud wat kykers verryk en inspireer net reg.

VICKY DAVIS (2008-NOU)

Wat maak Pasella so gewild? Pasella se voete is plat op die aarde – dit vertel die mense van ons land se stories. Die tannie in die Karoo wat lekker melktert bak is vir ons net so belangrik soos die oud-Springbokr­ugbyspeler Schalk Burger wat pa word. Gewone mense en glansperso­onlikhede sit saam om dieselfde tafel. Dis onpretensi­eus en inklusief. Dis ook ’n heerlike manier om die land te sien en te reis sonder om jou rusbank te verlaat. Watter onderhoude was ’n hoogtepunt? Helen Zille (2011), toe sy premier van die Wes-Kaap was; die aktivis Zackie Achmat (2011); en kitaarspel­er Schalk Joubert (2011), wat toe later my man geword het. Ek en Schalk het so gelag tydens die onderhoud dat ons dit amper nie kon verfilm nie. Dan was daar ook die akteur David Hasselhoff (Baywatch, 1989-2001) in 2009. En die moeilikste? Verlede jaar, toe ek saam met die aktrise Christia Visser (Die Boekklub, 2016) moes gaan haaihok- duik. Christia was wonderlik, maar ek kon nie die onderhoud voltooi nie omdat ek – en die hele produksies­pan – seesiek geword het.

DIETER VOIGT (2008-NOU)

Waarom hou kykers van Pasella? Hulle kan met die inhoud identifise­er. Pasella vertel stories van doodgewone mense wat iets inspireren­ds doen en wat ons weer hoop vir die toekoms gee. Wat geniet jy die meeste van jou werk? DisD vir my ’n voorreg om inspireren­de m mense te ontmoet. Ek hou daarvand om hul stories vir andera mense te vertel – dis baie bevredigen­d. En dan is daar natuurlik al die lekker kos . . . Wat was jou hoogtepunt­e tot dusver? Die akrobaties­e vlug saam met die Silwer Valke, die onontdekte Kangogrott­e en swem saam met krokodille en haaie (alles 2008).

 ??  ?? Die aanbieders (agter van links) Dieter Voigt, Heino Schmitt, Melinda Bam, Sean-Marco Vorster, Carmen Pretorius en HemelBesem, en (voor) Mishka Patel, Lynelle Kenned, Paul Rothmann en Vicky Davis.
Die aanbieders (agter van links) Dieter Voigt, Heino Schmitt, Melinda Bam, Sean-Marco Vorster, Carmen Pretorius en HemelBesem, en (voor) Mishka Patel, Lynelle Kenned, Paul Rothmann en Vicky Davis.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Dieter Voigt.
Dieter Voigt.
 ??  ?? Paul Rothmann.
Paul Rothmann.
 ??  ?? Vicky Davis.
Vicky Davis.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa