TV Plus (Afrikaans)

Sout van die aarde

Stian Bam praat oor sy akteurswer­k, gesinslewe en liefde vir kuns.

-

Die Boland Moorde Seisoen 2 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Stian Bam (39) het ons bloeddruk laat styg toe hy in Desember verlede jaar weer sy verskyning in die SABC2-sepie 7de Laan (2000-nou) gemaak het as die gevoellose Dawid Greeff wat Marko (Francois Lensley) kom treiter het. Deesdae sien ons Stian op die kassie as die speurder André Fourie in die tweede seisoen van Die Boland Moorde (2013-nou) op kykNET. En ons moet bieg, hy vertolk albei rolle so oortuigend dat ons hom óf haat óf aanhits om die misdadiger­s te vang.

Die nederige Stian sê vele mense en elemente is betrokke wanneer hy ’n rol vertolk. “As akteur is dit jou werk om voor te berei, jou woorde te leer, betyds op te daag en die situasie so eerlik moontlik te speel. En dis al wat ek doen,” sê hy. Maar het jy geweet Stian is ook ’n liefdevoll­e pa (van Jannes, 5, en Sofia, 1) en ’n beeldende kunstenaar? Hy vertel ons meer: Ons het gehoor daar is ’n moontlike romanse tussen André en die patoloog Rachelle

de Jager (Tinarie van Wyk-Loots) in seisoen 2 van Die Boland Moorde. Wat kan jy daaroor verklap? André is geen casanova nie. Hy benader verhouding­s soos hy sake hanteer. Maar Rachelle gooi André wel ’n bietjie van koers af . . . Hoe pak julle aksietonel­e in die reeks aan?

Het julle self die vuurwapens hanteer? Ja, uiteraard is daar vuurwapent­onele, maar dis net rekwisiete. En daar is nie ’n wapen in sig tydens André se grootste aksietonel­e in die laaste episode [4 April] nie. Wel wapens van ’n ander aard waarvoor André baie bang is en wat hom laat hol. Geweld en aksie is egter nie die reeks se fokuspunt nie. Maar daar is vir seker nie ’n tekort aan spanning nie! Hoe het pa-wees jou lewe beïnvloed? Albei my kinders is gebore in jare toe ek aan Die Boland Moorde gewerk het. Jannes is gebore ’n maand voor ons die eerste seisoen [2012] begin verfilm het, en Sofia was so twee en ’n half maande oud toe ons die tweede seisoen geskiet het [2016]. Ek is bang hulle bel my vir ’n derde reeks . . . [skerts hy]. ’n Mens verander onherroepl­ik wanneer jy kinders kry. Niks kan jou daarop voorberei nie. Al wat jy kan doen is om die golf te klim en hom te ry. Hoekom het jy besluit om ’n akteur te

word? Dit kan jy weer vra. Ek vra myself ook baie daai vraag. Die verwyt van hoekom nie, sou dalk erger wees. Ek dink nie ’n mens besluit om ’n akteur te word nie. Ek het besluit om die ambag van toneelspel te leer omdat ek ’n aangetrokk­enheid en passie daarvoor gehad het. Maar ek is nou slegs ’n akteur omdat my destydse lektor, Marthinus Basson, my in my derdejaar aan die Universite­it Stellenbos­ch, waar ek van 2002 tot 2004 studeer het, in sy opera Maria De Buenos Aires [eerste keer in 1968 opgevoer] gebruik het. En omdat ek daarna bevoorreg genoeg was om geleenthed­e te kry om die ambag te beoefen. As jy nie ’n akteur was nie, wat sou jy wou

word? ’n Beeldende kunstenaar. Ek het ook ’n groot deel van my lewe in die gasvryheid­sbedryf gewerk en dit was vir my baie bevredigen­d. Ek was nie ’n slegte kelner nie . . . Maar ek roem myself daarop daar was nie ’n beter skottelgoe­dwasser as die uwe in die Oak Bank-hotel in Grasmere, Engeland, nie, waar ek van 1996 tot 1997 gewerk het. Ek was blitsvinni­g en baie deeglik. Dit het my die grootste plesier gegee om in te kom en ’n vuil, deurmekaar kombuis te kry en die borde en messegoed te laat blink voor die deure oopmaak. En dan was die uitdaging om nooit agter te raak met die skottelgoe­d nie – om die kelners en die sjef altyd een voor te bly. Eindelose plesier. Watter lesse het jy in die vermaakbed­ryf

geleer? Dis moeilik. Met toneelspel spesifiek – dat niks harde werk kan vervang nie. Dat jy nooit moet dink jy weet genoeg nie. Dat jy slegs kan groei as jy jouself die geleenthei­d gun om ontvanklik te wees. En oor die algemeen is dit wys om in ons bedryf ’n dik vel te hê. Watter ander stokperdji­es het jy? Ek speel rond met kwasse en houtskool as ek tyd kry. Ek en my goeie vriend David Pieterse gaan die meeste Sondagmidd­ae in Stellenbos­ch dam toe om vis te vang, en soms kom Jannes en David se twee seuns saam. Dis die beste ontspannin­g vir my, en ek het agtergekom dis ’n goeie plek om woorde te leer.

 ??  ?? Die patoloog Rachelle vang speurder André Fourie se oog. Stian en sy vrou, Truda, en hul twee kinders, Jannes en Sofia.
Die patoloog Rachelle vang speurder André Fourie se oog. Stian en sy vrou, Truda, en hul twee kinders, Jannes en Sofia.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa