TV Plus (Afrikaans)

Almal aan boord!

Die USS Nathan James en sy bemanning vaar na onbekende en gevaarlike water in seisoen 3 van The Last Ship.

-

The Last Ship Seisoen 3 Saterdae M-Net Edge (*102) 18:00 & 19:00 (begin 18 Februarie)

Dit was twee lang seisoene in die post-apokalipti­ese aksiereeks The Last Ship (2014-nou). Die vlootkapte­in Tom Chandler (Eric Dane, dr. Sloane tot 2012 in die mediese drama Grey’s Anatomy, 2006-nou) het sy skip die Nathan James rondom die wêreld geneem en sy bemanning in gevaarlike avonture op elke kontinent gelei, maar hul grootste toets lê nog voor, verklap Eric. “Ons was baie opgewonde toe ons met seisoen 3 begin. Ons het 20 episodes opeenvolge­nd geskiet en dit het die hele jaar geduur – die aksie was fisiek so veeleisend, ek was pootuit ná elke dag se verfilming!”

PLIGTE EN PROBLEME

Seisoen 3 begin ’n paar maande ná seisoen 2 en Chandler is nie die Nathan James se kaptein nie. Daardie plig rus nou op die skouers van sy uitvoerend­e offisier Mike Slattery (Adam Baldwin, John Casey in die aksiekomed­ie Chuck, 2007-2012). Dit beteken nie die vloot-boesemvrie­nde se paaie skei nie – hulle is albei in die moeilikhei­d in Asië in episode 1. Chandler probeer die Chinese krygsheer Peng Wu (Fernando Chien) oorreed om die kuur in sy land vry te laat, en Slattery en ’n paar bemannings­lede word in ’n Viëtnamese klub gyselaar geneem. “Slattery word die seisoen wild en onverskrok­ke,” vertel Adam. “Uiteindeli­k! Dit was omtrent tyd dat dit gebeur!’”

MIS JOU, SCOTT . . .

Een van die grootste veranderin­gs die seisoen is die dood van dr. Rachel Scott (Rhona Mitra). Sy is in die seisoen 2-finaal geskiet en dit het ’n impak regdeur die seisoen, sê die vervaardig­er, Steven Kane. “Haar dood het ’n invloed op elke besluit van Chandler en laat hom as die voog van die wêreld wat hulle gered het.”

EN AKSIE!

1 Seerowers val die Nathan James aan in episode 2 (25 Februarie).

2 In episode 5 (18 Maart) vaar die bemanning reguit na ’n mynveld.

3 En Chandler stel sy eie lewe in gevaar om ’n vyand te troef in episode 13 in die seisoenfin­aal (13 Mei).

Die reeks kry ’n vierde seisoen danksy sy kykertal van 7 miljoen.

 ??  ?? Kapt. Chandler het bevorderin­g in die vloot gekry in seisoen 3.
Kapt. Chandler het bevorderin­g in die vloot gekry in seisoen 3.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa