TV Plus (Afrikaans)

Meneer Moordenaar

Die reeksmoord­enaar Joe Carroll is TV se belese en goed gemanierde baddie.

-

The Following Seisoen 1 Maandae SABC3 (*193) 23:00

Net omdat jy mense aan stukke kerf vir ’n lewe, beteken dit nie jy kan nie beleefd wees nie. Vra maar die ontsnapte reeksmoord­enaar Joe Carroll (James Purefoy) in die rilleraksi­ereeks The Following (20132015). Hy is ’n Britse professor wat eer betoon het aan die Engelse literêre ikoon Edgar Allan Poe deur sy slagoffers se oë uit te haal voor hy deur die FBI-agent

Ryan Hardy (Kevin Bacon) vasgetrek is. Joe lyk soos iemand wat jy by ’n poësievoor­lesing sou raakloop, waar vroue aan sy lippe sal hang. “Hy kruip onder mense se vel in, maar op ’n goeie manier,” verduideli­k James. “Hy is geheimsinn­ig en dis deel van sy aantrekkin­gskrag vir sy slagoffers – hulle vermoed niks nie tot dit te laat is.” Hoe vergelyk Joe met ander reeksmoord­enaars wat

TV-polisieman­ne al besig gehou het? Dexter Morgan (gespeel deur Michael C. Hall) Reeks: Dexter (2006-2013) Sy dekmantel: Bloedspats­el- ontleder vir die Miami-metropolis­ie Aliasse: 11, insluitend The Bay Harbour Butcher en The Beast Getal slagoffers: 134 Kenmerk: Sny sy slagoffers se wang Dr. Hannibal Lecter (gespeel deur Mads Mikkelsen) Reeks: Hannibal (20132015) Sy dekmantel: Eertydse chirurg wat later ’n psigiater geword het Aliasse: The Chesapeake Ripper en The Monster Of Florence Getal slagoffers: 45 as Hannibal en 60 as The Monster Of Florence Kenmerk: Eet sy slagoffers as deel van groot aandetes Red John (gespeel deur Xander Berkely) Reeks: The Mentalist (2008-2015) Sy dekmantel: Sheriff van die Napa County-polisiedep­artement Aliasse: RJK, RJ en Red John Killer Getal slagoffers: 41 Kenmerk: Teken ’n glimlaggen­de gesig met sy slagoffers se bloed

 ??  ?? Joe Carroll is sjarmant en ’n verleier . . . o ja, en ’n gewelddadi­ge reeksmoord­enaar.
Joe Carroll is sjarmant en ’n verleier . . . o ja, en ’n gewelddadi­ge reeksmoord­enaar.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa